Print

Leesstof en Artikels

Awareness on Snakes, Scorpions & Spiders

Suid-Kaap Jagters Bestuur - Tuesday, May 15, 2012
 Lees verder...

SJB / Prince Albert Veldskiet

Suid-Kaap Jagters Bestuur - Thursday, May 10, 2012

Suid-Kaap Jagters- en Bewaringsvereniging, in samewerking met Bay Guns en Prince Albert  Landbouvereniging, het weer eens ‘n geslaagde skietdag op 28 April 2012 aangebied op die plaas Rietfontein van Joseph Steyn, in die distrik van Prince Albert. Ten spyte van die feit dat daar twee groot gebeurtenisse in daardie omgewing plaasgevind het ,nl. “Die Olyffees” en Merweville se kerkbasaar, was die opkoms steeds goed. Die kompetisie het in ideale weersomstandighede plaasgevind en die wind kon nie  blameer word as die gaatjie nie gesit het waar die skut hom graag sou wou hê nie.
Die dag was deur Johan van Wyk, eienaar van Bay Guns in Mosselbaai geborg. Al die pryse was in die vorm van koopbewyse. Deelnemers het in drie kategorië deelgeneem nl. Jaggeweer, Juniors en Veterane. Lees verder...

Suid - Kaap Jagters Junior .22 Skietdag

Suid-Kaap Jagters Bestuur - Thursday, May 10, 2012

‘n Baie stimulerende pa en seun/dogter skietdag is onder voogskap van Suid - Kaap Jagters en Bewaringsvereniging  buite Oudshoorn aangebied. Baie goeie tellings is behaal, en die bordjies is in sommige gevalle behoorlik verhang na die onverwagte kant toe. Sommige pa’s het erken dat toe daar nog met oop visiere geskiet is, niemand hulle kon klop nie. Maar, tye verander en daarme saam die irreterende bewerasie. Met baie goeie reëlings deur Joe Vervey, streeksbestuurder Klein Karoo in die Vereniging, is ‘n uitsoek skietbaan in die wildkamp van Bertus Lategan  uitgelê. Lees verder...

Suid- Kaap Jagters- en Bewaringsvereniging - Junior veldopleiding

Suid-Kaap Jagters Bestuur - Monday, April 02, 2012

Ten spyte van voorspellings oor dreigende onweer, het 22 laerskoolleerders op 23 Maart van oral oor opgeruk vir die jaarlikse veldskool van die Suid- Kaap Jagters- en Bewaringsvereniging. Dit het plaasgevind op Neels Meyer se plaas, Kouma, ongeveer 40km vanaf Mosselbaai. Dit is weer eens baie suksesvol aangebied. Die doelstellings wat nagestreef word is om jongmense wat in die buitelewe belangstel, aan verskillende aktiwiteite soos die jagsport, kampering, rugsakstap, voëlkyk, hengel, boogskiet, natuurfotografie, skyfskiet ens., bekend te stel en toe te rus om makliker in die toekoms keuses te kan maak rondom gesonde buitelug ontspanning. Lees verder...

Margot Swiss Borg Suid-Kaap Jagters

Suid-Kaap Jagters Bestuur - Thursday, March 29, 2012

 Lees verder...

CHASA Inter Association Shoot – Bloemfontein 2012.

Suid-Kaap Jagters Bestuur - Monday, March 19, 2012

Uil - en inheemse boomnaweek lok baie.

Suid-Kaap Jagters Bestuur - Friday, March 16, 2012

SJB / Safari Ghib-Bore veldskiet lok baie skuts

Suid-Kaap Jagters Bestuur - Friday, March 16, 2012

Die eerste Safari en Outdoor  geborgde skietdag vir jaggeweer veldskiet, is op Saterdag 3 Maart baie suksesvol deur SJB aangebied. Dit het plaasgevind op die plaas Sandkraal, eiendom van Chris Coetzer, naby Buffeljagsrivier. Skuts van Kaapjag, SA Jagters Suid-Kaap Jagters- en Bewaringsvereniging, dames en junior skuts  het ‘n genotvolle dag in die veld deurgebring. Ten spyte van winderige toestande is baie goeie  tellings  behaal en die wenners in die verskillende afdelings is beloon met uitsonderlike pryse ter waarde van R1 1000,00.00 geborg deur Safari & Outdoor. Volgens Mnr Willem Immelman, bestuurder van die Safari & Outdoor-tak naby Stellenbosch, gaan dit ‘n jaarlikse instelling word. Met die goeie opkoms van skuts is dit duidelik dat daar ‘n behoefte bestaan vir dié tipe skiet en dat dit baie sterk gaan inskakel by die ander prestige aktiwiteite deur hierdie vereniging aangebied. Verskillende teikens op afstande sover as 350 meter is na geskiet en die uitslae het bewys dat hoe meer jy oefen en jou geweer se prestasievermoë ken, hoe groter die sukses.   Lees verder...

Voorsittersverslag 2011

Suid-Kaap Jagters Bestuur - Wednesday, January 11, 2012

Elke dag word babas gebore. Op die oog af lyk almal dieselfde, het almal dieselfde neigings en ruik selfs almal dieselfde. In die begin klein en onbeholpe, en dan die wonderwerk… almal is uniek. Tog gebeur dit dat nou en dan babas gebore word wat net anders is as die ander. Die afgelope twintig jaar was ek bevoorreg om verskeie van hulle te ontmoet. Mense wat nie net gebore is nie, maar ook geleef het, nie net vir hulself nie, maar ook vir ander en groot opofferings gemaak het vir dit waarin hulle glo en waarvoor hulle ‘n passie het. Ek verwys hoofsaaklik na ledebetrokkenheid by SJB wat twintig jaar gelede ook ‘n baba was en danksy hierdie spesiale mense gegroei het tot die vyfde grootste jagtersvereniging binne CHASA. ‘n Unieke vereniging met unieke, lojale, lede. Een groot familie. Altyd bly om mekaar te sien en altyd bereid om te help waar hulle kan. Twintig jaar gelede het ‘n klein beriggie in die plaaslike koerant my aandag getrek.  Lees verder...

PRO AMM 2011

Suid-Kaap Jagters Bestuur - Monday, November 14, 2011

Op Saterdag, 29ste Oktober, het SJB in samewerking met PRO-AMM, ‘n geslaagde groepering-skietkompetisie aangebied op die Wouter De Vos Skietbaan. Die twee persone wat verantwoordelik was vir die dag se reëlings, was Arthur Lilford (SJB) en JC Muller van PMP.  Lees verder...


Outdoor World
Margot Swiss
Outdoor World