Print

Leesstof en Artikels

Senior Opleiding

Suid-Kaap Jagters Bestuur - Tuesday, June 22, 2010

Twee CHASA kursusse is in die eerste helfte van die jaar aangebied en ‘n verdere een is beplan vir September. 37 studente het die twee kursusse bygewoon en almal het die teoretiese gedeelte geslaag. Die kursus wat Februarie aangebied was, was deur 19 studente van SAASVELd bygewoon, en dit was ‘n besondere ervaring om met die jongmense te kon werk. 4 van die 19 studente was dames. “n Besondere woord van dank aan Dr Jaap Steenkamp wat sy weg oopgesien het om die studente te motiveer om die kursus by te woon. Dit was ‘n besondere ervaring om te sien hoe entoesiasties hulle was om die skietoefening te doen, aangesien van hulle nog nooit ‘n geweer hanteer het nie. Lees verder...

Jag in die Oos-Kaap

Suid-Kaap Jagters Bestuur - Tuesday, June 22, 2010

KUDU
Kudu is oop vanaf 29 May tot 29 Augustus in die volgende distrikte. Aberdeen, Adelaide,Albany, Alexandria,Bathhurst,Bedford, Cradock, Fort Beaufort, Graaf-Reinet, Hofmeyer, Jansenville Joubertina, Kirkwood, Pearston, Port Elizabeth, Somerset-Oos, Uitenhage,Willowmore, Hankey, Middelburg, en Steytlerville. EEN PER DAG. Lees verder...

Bewys van aktiwiteite.

Suid-Kaap Jagters Bestuur - Tuesday, June 22, 2010

Verenigings aktiwiteite word nog op die ou manier ingevul maar met privaat jagte is daar ‘n toegewing gemaak. As die datum, plaasnaam, eienaar se naam en handtekeninig asook sy telefoon nommer ingevul word is dit nie nodig om dit te laat be-edig nie. As daar op die lid se eie grond gejag is sal sy eie besonderhede aanvaar word. Lees verder...

Jag Proklamasie - Provinsiale Koerant

Suid-Kaap Jagters Bestuur - Monday, June 14, 2010

Aan alle jagters. Hier is 'n kopie van die jag proklamasie soos uitgesit deur die Provinsiale Regering op 4 Desember 2009. Lees verder...

Die Wouter de Vos skietbaan te Doringkloof

Suid-Kaap Jagters Bestuur - Monday, June 14, 2010

Die bestuur van S J B het op sy afgelope bestuursvergadering besluit om die nuwe skietbaan wat tans te Doringkloof op die plaas van Struan Robertson te Klein Brakrivier , te vernoem na een van die groot geeste in die skietsport in die Suid-Kaap . Die skietbaan sal voortaan die Wouter de Vos skietbaan heet. Lees verder...

Slenkdalkoors en die Jagter

Suid-Kaap Jagters Bestuur - Wednesday, June 09, 2010

Die afgelope tyd het slenkdalkoors wyd verspreid uitgebreek, ook in gebiede waar SJB - lede gewoonlik jag. Dit is 'n virussiekte, veroorsaak deur muggies wat dodelik is vir mens en dier. Bevestigde gevalle ook onder wild is reeds aangemeld. Dit is dus belangrik om vas te stel of jou jagplek veilig is. Na die eerste ryp is die muggies minder en kan aanvaar word dat dit redelik veilig is om daar te jag. Moet dus nie op plekke gaan jag waar diere steeds vrek nie. Lees verder...


Outdoor World
Bay Guns
Outdoor World