Print

Leesstof en Artikels

Voorsittersverslag 2011

Suid-Kaap Jagters Bestuur - Wednesday, January 11, 2012

Elke dag word babas gebore. Op die oog af lyk almal dieselfde, het almal dieselfde neigings en ruik selfs almal dieselfde. In die begin klein en onbeholpe, en dan die wonderwerk… almal is uniek. Tog gebeur dit dat nou en dan babas gebore word wat net anders is as die ander. Die afgelope twintig jaar was ek bevoorreg om verskeie van hulle te ontmoet. Mense wat nie net gebore is nie, maar ook geleef het, nie net vir hulself nie, maar ook vir ander en groot opofferings gemaak het vir dit waarin hulle glo en waarvoor hulle ‘n passie het. Ek verwys hoofsaaklik na ledebetrokkenheid by SJB wat twintig jaar gelede ook ‘n baba was en danksy hierdie spesiale mense gegroei het tot die vyfde grootste jagtersvereniging binne CHASA. ‘n Unieke vereniging met unieke, lojale, lede. Een groot familie. Altyd bly om mekaar te sien en altyd bereid om te help waar hulle kan. Twintig jaar gelede het ‘n klein beriggie in die plaaslike koerant my aandag getrek.  Lees verder...


Outdoor World
Margot Swiss
Outdoor World