Suid - Kaapjagters -en Bewaringsvereniging (SJB) het weer eens ‘n geslaagde skietdag te Riversdale aangebied. Die dag was deur Tuinroete Agri geborg en SJB wil van die geleentheid gebruik maak om vir Chris Snyman te bedank, wat namens Tuinroete Agri die pryse geborg het. Die kompetiese het onder ideale weersomstandighede plaasgevind en 35 skuts het opgedaag om deel te neem. Lees verder...
Leesstof en Artikels
Tuinroete Agri Skietdag te Riversdale op 22 Oktober 2011
The AGRED Guide to Gamebird Management in South Africa - By Dr. Aldo Berruti
.22 Skiet op Riversdale
Op Saterdag 24 September 2011 was daar ‘n .22 skiet aangebied deur die Suid- Kaap-Jagters en Bewaringsvereniging op Riversdale. Pryse is deur die Riversdale-tak van Tuinroete Agri geborg. Heelwat skuts het vir die kompitiese opgedaag. Wat verblydend was, was dat daar so baie junior skuts opgedaag het. Die teikens wat gebruik word is dieselfde as dié vir jaggewere, maar net in miniatuur grootte. Afstande het gewissel vanaf 20- tot 75meter. Dit was ‘n mooi sonskyndag, behalwe vir die wind wat met tye gelol het. .22 Skiet is so gewild, omdat al die deelnemers se gewere standaard is, ammunisie redelik goedkoop en dieselfde is en almal dus op gelyke voet meeding. Lees verder...
Junior Jagopleiding 2011
Die afgelope wintervakansie het weer gesorg vir groot opwinding toe 13 junior lede en opleidingsbeamptes opgeruk het Kalahari toe om die praktiese gedeelte van die voorgeskrewe CHASA jagopleidingskursus vir juniors, te voltooi. Drie jong opleidingsbeamptes, almal van kleins af deel van die span, het ons vergesel en is stelselmatig besig om die teuels by die ouer garde oor te neem. Die opleiding het plaasgevind op Heuningkrans, die pragtige wildplaas van Wikus Snyman in die Griekwastad-omgewing.
Daar aangekom, is dadelik begin om ‘n veldkamp op te rig en binne ‘n uur het daar ‘n tentedorp verrys, van veldkombuis tot veldstort en toilet met ‘n pragtige uitsig oor die Kalahari, selfs ‘n veldoond wat kon sorg vir die lekkerste potbrode. Tydens die kursus word daar veral gepoog om ook in die praktyk die juniors bloot te stel aan jaggebruike en tradisionele jagterskos, verkry uit wild wat geskiet is. Lees verder...
Skietdag te Buffeljags
Op Saterdag 13 Augustus 2011 is daar ‘n baie geslaagde skietdag aangebied deur die Suid-Kaapjagters- en Bewaringsvereniging. Die skietdag het plaasgevind op die plaas Sandkraal van Chris Coetzer. 35 skuts het opgedaag en moes oor verskillende afstande na verskillende tipes teikens skiet. Op een van die bane moes daar na 5 ghong’s (staalplate) geskiet word wat op afstande geplaas was wat gewissel het vanaf ongeveer 150m tot 350 meter. Die ghong’s is eindelik ‘n toeskouersport, want die medeskuts kyk toe wanneeer ‘n skut aanlê en baie ego’s word geknak deur hierdie staalplate wanneer ‘n teiken gemis word. Lees verder...
Veldskiet op Prince Albert
Op uitnodiging van Prince Albert se Landbouvereniging het Suid - Kaap Jagters - en Bewaringsvereniging ‘n geslaagde veldskiet op die plaas van Joseph Steyn aangebied op 7 Mei 2011. Daar het 42 skuts vir die skiet opgedaag en hulle het so ver as Merweville en Beaufort Wes gekom. Verskeie pryse was op die spel en skuts moes uithaal en wys aangesien die baan redelik moelik opgestel was. Dit was blymoedigend om te sien dat daar so baie juniors aan die kompetisie deelgeneem het. Lees verder...
Wat dink die publiek van jag?
Dit is vir die jagbedryf belangrik om te weet watter ondersteuning jag onder die algemene publiek geniet. Aan die een kant van die geveg is die jagters, wat besef dat die jagbedryf noodsaaklik is om die toekoms van wild te verseker, en aan die ander kant is die diereregte-aktiviste wat alles in hul vermoë sal doen om die georganiseerde jagbedryf stop te sit. Hierdie diereregteorganisasies oefen gereeld druk uit op regerings om jag te verban deurdat hulle doelbewus die indruk skep dat hul standpunt die steun van die oorgrote meerderheid van die publiek geniet, terwyl jagtersverenigings slegs ‘n klein handjie vol jagters verteenwoordig. Lees verder...
CHASA ook gekant teen Fracking in die Karoo
CHASA het kennis geneem van die beoogde waterbraking (fracking) wat tans in die Karoo ondersoek word deur Shell Petroleum maatskappy. CHASA is gekant ten hierdie beoogde eksplorasie hoofsaaklik as gevolg van die gebrek aan wetenskaplike bewyse oor die moontlike gevolge van sodanige eksplorasie. Veral die volgende aspekte wek kommer: Lees verder...
Margot Swiss-Skiet te De Rust
Weereens was daar ‘n geslaagde skietdag aangebied deur die Suid Kaapjagters en Bewaringsvereniging op die plaas Aangenaam naby De Rust. Margot Swiss het die kompitiesie geborg met verskeie pryse in die vorm van geskenkbewyse. Die opkoms was goed ten spyte van die KKNK wat aan die gang is. Lees verder...
NG Kerk De Rust Fondsinsameling
Jagpakette beskikbaar teen R30 donasie per kaartjie aan die NG Gemeente De Rust. Kaartjies sal beskikbaar wees tydens die Margot Swiss Skietdag 2 April by Henry v/d Westhuizen. Kaartjies is ook beskikbaar by die kerkkantoor tydens kantoorure: Maandag, Woensdag, Vrydag 08h30-13h00. Tel: 044 241 2114. Inskrywings sluit: Vrydag 27 Mei 2011. Trekkingsdatum: Sondag 29 Mei 2011 Lees verder...
Recent Posts
- Awareness on Snakes, Scorpions & Spiders
- SJB / Prince Albert Veldskiet
- Suid - Kaap Jagters Junior .22 Skietdag
- Suid- Kaap Jagters- en Bewaringsvereniging - Junior veldopleiding
- Margot Swiss Borg Suid-Kaap Jagters
- CHASA Inter Association Shoot – Bloemfontein 2012.
- Uil - en inheemse boomnaweek lok baie.
- SJB / Safari Ghib-Bore veldskiet lok baie skuts
- Voorsittersverslag 2011
- PRO AMM 2011




Comments
Post has no comments.