Print

Leesstof en Artikels

2007 Boogjag

Suid-Kaap Jagters Bestuur - Tuesday, April 20, 2010

Hier is  Hennie se storie
Ek het die Takbokke bekruip, maar eers met my derde poging die namiddag kon
ek daarin slaag om na genoeg te kom.

Dit was twee ramme wat eenkant in bietjie langer karoobossies gele het wat my die geleentheid gegee het om hulle te bekruip – net hulle horings het uitgesteek toe hulle gele het. Ek het nader gekom tot 25 m voordat hulle onraad gemerk het en opgestaan het.
Hulle het stadig begin loop, gelukkig reg dwars soos ek gesit het. Ek het langs die bos verby gekyk om die ram se afstand vir die laaste keer te bevestig nadat hulle begin loop het. Die ram het my gesien en stip na my gekyk, ek het versteen en die Leafy Suit het sy werk gedoen.
Die ram het na my gestaar vir omtrent 20sek wat soos n halfuur gevoel het en weer begin loop en verdwyn agter die volgende bos. Ek het besef dit sal al kans wees wat ek gaan kry en het dadelik my Boog gespan, opgestaan en aangele oor die bos om te kan skiet sodra die bok sy verskyning maak. Tot my verbasing staan die bok toe reeds plank dwars voor my en ek het sonder twyfel gemik en dadelik geskiet. Die bok het eers nadat die pyl sy lyf verlaat het weggespring en begin hardloop. Ek het weer gaan sit en hom deur die bossie dopgehou. Die ram het min of meer 70 meter gehardloop voor ek duidelik kon sien die skoot was goed, vandaar het hy in n klein sirkel gedraf tot hy dood neergeslaan het. Die res van die trop wat minder as 200m weg was het nie eers opgestaan terwyl dit alles gebeur het.Ek het hom op n afstand van 35m geskiet. Die skoot was op die blad maar bo oor die hart en het die long en n hoof slagaar getref.

                                   
 
                         

Outdoor World
Margot Swiss
Outdoor World