Print

Leesstof en Artikels

.22 Posliga (Wouter De Vos)

Suid-Kaap Jagters Bestuur - Friday, January 22, 2010

Die eerste .22 Posligaskiet is op 26 September op Georgeheim gehou en deur 27 skuts bygewoon wat die dag terdeë geniet het.

Vir die manne wat bietjie meer wou leer van kleiduif skiet, was Dr Burger Prinsloo (van CHASA dosent faam) al te
gretig om op sy kenmerkende manier ons touwys te maak in die fynere kuns van hoe om die klei te breek.

Wat eintlik ‘n junior skiet moes wees is deur die grootmense oorheers, maar Ruan Moolman het gewys dat hy vir niemand terugstaan en ‘n algehele derde plek behaal! Johan was nou wel laaste van die juniors maar daar was nog seniors onder hom ook… Baie dankie vir Johan van Wyk van Bay Guns vir die pryse wat hy geborg het. Na die verrigtinge het ons ‘n vuurtjie aangesteek en rustig gebraai terwyl arme Arthur en Joseph die baan moes opruim.

Uitslae:
1ste Pool Lerm            390
2de Ettiene Lerm         385
3de Ruan Moolman     380
(uitgetel op V kolle)
4de Willie Beneke        380

Juniors
1ste Ruan Moolman    380
2de Franco Meyer        180
3de Johan Dippenaar. 75

Outdoor World
Bay Guns
Outdoor World