Print

Leesstof en Artikels

.22 Skiet op Riversdale

Suid-Kaap Jagters Bestuur - Thursday, September 29, 2011

Op Saterdag 24 September 2011 was daar ‘n .22 skiet aangebied deur die Suid- Kaap-Jagters en Bewaringsvereniging op Riversdale. Pryse is deur die Riversdale-tak van Tuinroete Agri geborg. Heelwat skuts het vir die kompitiese opgedaag. Wat verblydend was, was dat daar so baie junior skuts opgedaag het. Die teikens wat gebruik word is dieselfde as dié vir jaggewere, maar net in miniatuur grootte. Afstande het gewissel vanaf 20- tot 75meter. Dit was ‘n mooi  sonskyndag, behalwe vir die wind wat met tye gelol het. .22 Skiet is so gewild, omdat al die deelnemers se gewere standaard is, ammunisie redelik goedkoop en dieselfde is en almal dus op gelyke voet meeding.

Senior afdeling wenners:

  1. Gert Lerm
  2. Wilhelm Zietsman
  3. Johan Du Plooy

Junior afdeling wenners:

  1. Jan van Wyk
  2. Louis Jordaan
  3. Ruaan Gerber

SJB wil van die geleentheid gebruik maak om vir Tuinroete Agri te bedank vir die pryse wat hulle geborg het. Gelukkige trekkings is ook gehou  en daardeur kon skuts wat nie so goed op die baan gevaar het nie, ook met ‘n prys huiswaarts keer. Nadat die pryse oorhandig is, is erfenisdag  gevier met ‘n heerlike braai by die klubhuis; daardeur het SJB ook sy bydrae tot die tradisionele braaidag gemaak.


  

 

Outdoor World
Margot Swiss
Outdoor World