Gedurende die naweek van 23-26 September het ‘n klompie lede hierdie reservaat besoek en gaan kyk waar ons kamera in die veld is. Hierdie stuk aarde is geleë tussen Ladismith en Laingsburg en is ‘n ongerepte stuk aarde. 2 Veldwagters is saam met ons en ons het ongeveer 20 km die berge ingery. Daar ver van almal en alles staan hierdie kamera.
Hulle het die digitale skyfie uitgehaal en ons is terug na die kantoor.
Wat ‘n verassing!!!! Ons het pragtige foto’s gesien van almal wat daar voor die kamera verby is! En ook die luiperd genaamd Oom Pep. Foto’s is aangeheg.
Intussen het die veldwagters laat weet dat Oom Pep uiteindelik gesien en verdoof is – hulle kon vir hom ‘n nekband aansit en nou sal hulle meer inligting van hom kan kry. Hy is ‘n pragtige sterk luiperd, sonder enige beserings en weeg 55kg.
Dit laat ons goed voel dat daar nog sulke plekke vir hierdie diere is.
Dankie Cape Nature en Suid-Kaap Jagters!!
|
|
|
![]() |




Comments
Post has no comments.