Print

Leesstof en Artikels

Boomplantdag

Suid-Kaap Jagters Bestuur - Monday, September 27, 2010

Nationale boomplandag is op ‘n besondere wyse deur SJB en sy lede gevier. Nadat daar honderde rooipitjiebome moes plek maak vir die nuwe Wouter de Vos skietbaan was dit ‘n groot lekkerte en voorreg om die beskikbare spasie te gebruik om inheemse bome te plant. Dit is egter net die begin, daar is nog baie lede wat bome wil skenk maar die voorraad by die plaaslike kwekery het opgeraak. Sodra ons nog gate gemaak het en kwaliteit bome weer vrylik beskikbaar is sal daar met die projek voortgegaan word.


Ongeveer 45 bome is reeds geplant, daarvoor sê ons dankie aan ons lede waarvan ek nie name gaan noem nie uit vrees dat ek iemand vergeet. ‘n Spesiale woord van dank gaan aan Struan en Ian Robertson wat geen koste ontsien om die bome te benat en te beveilig teen veldbeeste nie. Dankie ook aan André Nel vir sy “digger loader” wat die terrein en gate voorberei het.
Die volgende boomsoorte is aangeplant: Rooiels, Keurboom, Geelhout, Waterbessie, Wit Stinkhout, Wit karee, Rooi Karee, Koorsboom, Kaapse Kastaiing, Wilde vye, Olenhout, Kiepersol en Boekenhout.
Baie van ons sal seker nie hier wees om die volle boomprag te aanskou nie maar wat ‘n erfporsie is dit nie vir die nageslag nie!
Wouter de Vos.

Outdoor World
Bay Guns
Outdoor World