Op Saterdag 28 Februarie is ‘n skietdag op die mees suidwestelike grens van SJB aangebied. Dit is op die grens van SJB en Kaapjag.
Dit was ‘n geleentheid vir dié area se lede en skuts om hul staal te wys, maar soos gewoonlik het die “beste skuts” tuis geblyDie dag is bygewoon deur 23 skuts wat na teikens en ghongs onder veld jag-toestande moes skiet. Die dag was pragtig en windstil tydens die teikenskiet maar met die ghonge moes die manne mooi kop hou met redelike sterk winde wat gereeld gedraai het vanaf sw, s tot suidoos. Die dag was deur ieder en elk geniet en ons hoop dat die Buffeljags Veldskiet ‘n instelling op SJB se kalender sal word. So ‘n dag sou ook nie ‘n sukses kon wees sonder ‘n gemotiveerde skut en jagter nie, en ek wil vir Chris Coetzer baie dankie sê vir sy reëlings en die bou van die baan op sy plaas.



Comments
Post has no comments.