Print

Leesstof en Artikels

CHASA Boogjag Opleiding

Suid-Kaap Jagters Bestuur - Tuesday, April 20, 2010

Gedurende 15/16 September 2006 het 13 boogjagters (12 lede van SJB en 1 van Kaapjag) die 1ste CHASA Boogjagters kursus wat deur SJB aangebied is, voltooi. Lede se ouderdome het gewissel van 15 tot 62.

Baie goeie en bruikbare inligting is aan die kursusganers oorgedra. Boogjag etiek en die pad vorentoe vir boogjagters in SJB is deeglik bespreek.  Die kursus bestaan uit n teoretiese deel en eksamen as ook n praktiese skiet toets. Die skiet toets het weereens bewys dat boogjagters gereeld moet oefen en nie n bok verder as 30 meter behoort te jag nie. Boogjagters moet ook nie sy/haar eie afstand beperkings oorskry gedurende ? jag nie.

Aan Wouter en al sy mede helpers baie dankie vir die puik voorbereiding en heerlike etes. Die booglesings is aangebied deur Jan Burger van Stillbow (Dankie Jan). Ons is ook Saterdag aand bederf met n Vlakvark op die spit wat geskenk is deur Gerrit du Preez (Dankie Gerrit).
Die kursus het geweldige positiewe reaksie by lede ontketen. Een van die tekortkominge van so n kursus is dat daar geen tyd is om alle boog lesings meer prakties aan te bied nie. Lede kan ons kontak vir n boog werkswinkel naweek (gedurende 2007), waar daar meer op die instel en inskiet van die kragboog gekonsentreer kan word.

                          

                          

Outdoor World
Margot Swiss
Outdoor World