Print

Leesstof en Artikels

CHASA ook gekant teen Fracking in die Karoo

Suid-Kaap Jagters Bestuur - Monday, April 11, 2011

CHASA het kennis geneem van die beoogde waterbraking (fracking) wat tans in die Karoo ondersoek word deur Shell Petroleum maatskappy. CHASA is gekant ten hierdie beoogde eksplorasie hoofsaaklik as gevolg van die gebrek aan wetenskaplike bewyse oor die moontlike gevolge van sodanige eksplorasie. Veral die volgende aspekte wek kommer:

i) Een van die grootste bates van die Karoo is die rustigheid en uitsonderlike natuurskoon van die omgewing. Hierdie is ʼn ekologies sensitiewe area waar CHASA lede gereeld jag en die natuur geniet. Unieke plantegroei kom in hierdie gebied voor wat ten alle koste beskerm moet word. Daar kan nie toegelaat word dat die voorgestelde eksplorasie negatiewe ekologiese en estetiese gevolge op die gebied uitoefen nie.

ii) ʼn Groot deel van die bevolking van die Karoo is van grondwater afhanklik en die invloed van die beoogde ontginning op grondwater in die gebied is onbekend. Dit is onaanvaarbaar dat inwoners van die gebied se lewenskwaliteit moontlik negatief beïnvloed sal word deur waterbraking aktiwiteite.

CHASA versoek daarom dat daar nie oorweging geskenk word enige verdere ondersoeke voordat die bostaande bekommernisse aangespreek is nie.

Pieter van Niekerk
Voorsitter

Outdoor World
Margot Swiss
Outdoor World