Print

Leesstof en Artikels

Georgeheim Skietbaan (Wouter De Vos)

Suid-Kaap Jagters Bestuur - Friday, January 22, 2010

Na vele klagtes deur bure oor die skietbaan, het Struan besluit om die baan te sluit. Alles is egter nie verlore nie en hy is besig om ‘n ander baan verder weg, genaamd DORINGKLOOF, gereed te kry.

Ongelukkig is daar nog heelwat werk wat daar gedoen moet word wat meebring dat die nuwe baan eers volgende jaar in gebruik geneem kan word. Die nuwe baan sal aanvanklik net 200m lank wees, maar die moontlikheid bestaan om ‘n 300m skietpunt by te kry as al die ontbossing voltooi is. Aangesien die uitgawe om die baan voor te berei hoog is, sal baanfooie drasties verhoog moet word en beheer oor die gebruik daarvan beter toegepas moet word. Sodra alles gefinaliseer is, sal die reëlings dmv die webtuiste bekend gemaak word. Die teoretiese deel van die CHASA opleiding sal egter nog steeds op die ou terrein gehou word. Beheer oor die nuwe baan sal deur Wouter de Vos, Struan Robertson en Wynand Fourie uitgeoefen word.

Outdoor World
Bay Guns
Outdoor World