Weereens was daar ‘n geslaagde skietdag aangebied deur die Suid Kaapjagters en Bewaringsvereniging op die plaas Aangenaam naby De Rust. Margot Swiss het die kompitiesie geborg met verskeie pryse in die vorm van geskenkbewyse. Die opkoms was goed ten spyte van die KKNK wat aan die gang is.
Daar is in twee kategorië deelgeneem nl jaggeweer en .22. Pryse is toegeken aan die 1ste 3 senior skuts sowel as aan die eerste 3 skuts in die junior afdeling. Daar was ook 3 gelukkige trekkings gehou en ‘n “Booby” prys is ook toegeken.Die wenners in die Senior afdeling in die jaggeweer kategorie is as volg: Jaco Brink, Danie Barnard en Valie Enslin.
Die .22 afdeling vir seniors is gewen deur Hugo Moolman, Jaco Brink en Pool Lerm.
Die wenners in die jaggeweerafdeling vir juniors was Johan Snyman, Eric Barnard en Johan Kemp en in die .22 afdeling het Izak Havenga, Johan Snyman en H.D. Bleuler koning gekraai.
Die “Booby” prys is aan Johan Fourie toegeken vir die oulike halfmaan wat die teleskoop hom op die neus toegedien het.
SJB wil gebruik maak van die geleentheid om Margot Swiss te bedank vir die pryse wat hulle geborg het, dit word opreg waardeer. ‘n Ou gesig wat sy opwagting weer by die die skietdag gemaak het was Eric Brown van Margot Swiss. Eric, was ‘n lang ruk afwesig weens ‘n reeks operasies wat hy ondrgaan het. Dankie Eric, vir jou en jou span met die professionele manier waarop julle Margot Swiss se produkte uitgestal en bemark het.
Laaste, maar nie die minste dankie aan Henry en Martie v/d Westhuizen vir die bereidwilligheid om hulle plaas beskikbaar te stel om so ‘n geleentheid aan te bied.




Comments
Post has no comments.