Print

Leesstof en Artikels

Margot Swiss geborgde skiet te Riversdal op 30 Oktober 2010

Suid-Kaap Jagters Bestuur - Wednesday, November 10, 2010

Suid Kaapjagters het op 30 Oktober 2010 ‘n geslaagde skiet-kompetisie te Riversdale aangebied wat deur Margot Swiss geborg was. 50 skuts het aan die kompetisie deelgeneem en ten spyte daarvan dat die reën met tye uitgesak het is steeds goeie tellings behaal. Pryse is in drie katogorië toegeken nl. Jaggeweer, kleiduif en juniors.Gelukkige trekkings is ook gemaak om almal die geleentheid te gee om deel van die kompetisie te voel. ‘n Totaal van 12 pryse is deur Margot Swiss geskenk.

Suidkaap Jagters wil van die geleentheid gebruik maak om vir Roelof van Dolderen en sy span te bedank vir die pryse wat hulle geborg het, sonder borge kan sulke kompetisies nie aangebied word nie.

Die vereniging wil ook van die geleentheid gebruik maak om almal te bedank wat gehelp het om die dag ‘n sukses te maak. Nadat die laaste skoot geklap het, het almal na die klubhuis beweeg en gesellig verkeer met koeldrank en ‘n worsbroodjie. Ons opregte dank ook aan JC slaghuis van Riversdale wat die wors geskenk het.

 Die uitslae van die dag is as volg: Jaggeweer – 
Hugo Moolman 
Jaco Brink
Meyer Janse van Rensburg

Haelgeweer –  
Gert Lerm 
  
 
Struan Robinson
Danie Barnard
Haelgeweer –  
Gert Lerm 
  
 
Struan Robinson
Danie Barnard
Junior -  
Johan Kemp
  
 
I. Tait

Outdoor World
Margot Swiss
Outdoor World