Print

Leesstof en Artikels

Opedag 2010 Georgeheim.

Suid-Kaap Jagters Bestuur - Monday, October 18, 2010

Onthou die opedag te Georgeheim lees die sms. Trofee meting en uitstallings . Bring jou eie stoel saam .

Saterdag breek aan met ñ sagte reëntjie wat neersif . Gemengde gevoelens loop deur my kop. Die droogte knel , maar wat gaan vandag gebeur as dit te veel reën . Op die grondpad trek die stof agter die bakkie en op Georgeheim skarrel dieselfde vrywillige gesigte om die laaste voorbereidings te doen . Die weer lyk goed , die terrein lyk mooi en jagters staan al in groepies by hul bakkies en gesels soos manne wat wag dat die jagtog moet begin.

My indruk . Vandag gaan ñ groot sukses wees .Onder Richard se wakende oog word trofeë ingeskryf en die meting spring weg met spoed . Die getal is vanjaar minder , miskien is die ekonomie of die droogte die oorsaak , maar die gehalte is puik . Die koedoe jagters dreun mekaar op . Vir die eerste keer is daar min te kies tussen die afmetings van Bosveld en Oos-Kaap koedoes . Drie Oos – Kaap koedoes met ñ horing lengte van meer as 50 dm. .Veertien beamptes meet die 56 trofeë wat 13 spesies verteenwoordig , 23 trofeë kwalifiseer vir die C H A S A rekordlys .

Tente vir uitstallings word druk besoek . Elina moet bontstaan om almal te registreer en alle admin op ñ databasis neer te pen . Haar inisiatief met die S J B hemde en pette is duidelik te sien in die groot getal manne in hul velddrag .
Die reuk van koffie en die geur van wors op die kole skep ñ karnaval atmosfeer.
Die gesels is lekker en die groot getal gesinne met kinders se teenwoordigheid laat jou besef dat daar ñ groot behoefte is vir veilige byeenkomste in die natuur .

Het jy ñ probleem met jou roer of teleskoop ? Fanus van Mosselbaai en Jimmy van George is hier met raad hulle stalletjies word druk besoek . Soek jy kamoeflering of raad met die boog , Bossie is hier vir jou . Vir al ñ man se swakhede is hier iemand om jou aandag te trek en jou te laat besluit dit is tyd vir ñ nuwe roer of ñ pasgemaakte mes . Jan en Piet mes se voorlegging en lewendige demonstrasie van die proses van mes maak trek ñ groot skare .
Mamma , hoe sal jy daarvan hou om in so ñ Land Rover te ry ? ñ mens sal darem lekker veilig voel in so ñ hoë voertuig . Louis van Minwater trek ñ skare met sy kennis en aansteeklike liefde vir vetplante , ag sommer vir die flora van die streek .
Mamma as ek die Land Rover koop kan ons Louis se plaas meer besoek , maar mamma ek beloof ek sal in die toekoms meer let op waar ons ry met die 4X4.

Koos “ Boog “ en Kobus “ herlaai “ kry skaars kans om ñ koffie te drink soos die manne raad vra . By die mans apteek het Louis en Mike hul hande vol want die son steek en die koel lafenis proe soos ñ simfonie vir die oor. Hartenbos toutrekkers roep om een uur , “ Die pot is gaar “ ryk en lekker . Oom Sarel , jy kan darem baie eet ….

Dankie aan almal . Die Skepper seën ons met ñ wonderlike ervaring
Petru



Oom Sarel skep op

Outdoor World
Bay Guns
Outdoor World