Register moet gehou word van alle skuts betrokke by die dag.
- Bywoningsregister
- Vrywaringsvorm
- PMP voorsien ammunisie teen‘n spesiale prys aan die instansie, R20.00 per teiken, (belasting ingesluit) wat 4 rondtes insluit.
- Teikens word aan die instansie voorsien, waarna ‘n rekonsiliasie gedoen word vir die kostes van die dag.
- Die kostes is op die dag van die skiet betaalbaar aan verteenwoordiger van PMP.
- Minimum inskrywingsfooi van R25.00 is betaalbaar per teiken per skut. Die maksimum moet as regverdig beskou kan word.
- Alle inskrywings moet beskikbaar wees aan PMP, per rekenaar of per dokument.
- Alle skuts wat 20mm en kleiner skiet, se adresse moet beskikbaar wees op die dag en aan PMP verskaf word.
- Die kaliber en grein waarmee die persoon deelgeneem het, moet asb aan die verteenwoordiger van PMP gegee word. Die inligting is nodig vir ons webwerf (www.pmp.co.za). Die instansie is verantwoordelik vir die inligting. Indien die inligting nie volledig is nie, kan die prysuitdeling nie voortgaan nie.
- Alle skuts wat kwalifiseer word na PMP se Nasionale Kampioenskappe uitgenooi wat ‘n besoek aan die fabriek die Vrydag behels. Alles vir PMP se rekening.
- Ammunisie word deur PMP gehanteer. Twee helpers sal voldoende wees met twee tafels vir die uitpak en uitreik van ammunisie. PMP voorsien blokkies waarin ammunisie (gemerk) gepak word en skuts ontvang ammunisie by tafel.
- Wanneer aflos klaar geskiet het, word doppies in blokkies gelos. Die beamptes sal dan die blokkies verwyder.
- Die doppe bly die eiendom van PMP vir evalueering doeleindes.
PMP borg die pryse van die dag. Verenigings kan addisionele pryse gee wat met die prysuitdeling uitgedeel sal word.
Algehele wenners
1ste – 3 pakke ammunisie, PROAMM trofee, PROAMM hemp en pet.
2de – 2 pakke ammunisie en pet.
3de – 1 pak ammunisie en pet.
Dames
1ste – 2 pakke ammunisie, PROAMM hemp en pet.
2de – 1 pak ammunisie en pet.
Juniors. (Nie 16 op dag van skiet)
PROAMM hemp, pet en 1 pak teikens. (Geen ammunisie nie)
Kaliber wenners
- Elke kaliber wenner ontvang ‘n pak ammunisie en pet indien in besit van lisensie van daardie wapen.
- Die maksimum groepering om in aanmerking.te kom vir ‘n kaliber wenner is, 50 mm, asook ten minste vier teikens moes vir daardie kaliber geskiet gewees het.
- Baie belangrike reëls wat nagekom moet word.
- Slegs bona-fide jaggewere sal toelaatbaar wees.
- Lope nie langer as 26 duim (661 mm).
- Teleskoop nie sterker as 12 vergroting nie. (Moet afgeseël word vir dag).
- Loop dikte nie dikker as 22 mm by kroon nie.
- Geen aanhangsels aan wapens nie. (Trompremme, knaldempers en fisiere(bisley skuts).
- Volledige stel reëls is beskikbaar.
- Alle reëls, soos bepaal deur vereniging van betrokke baan en dag, is van toepassing op skuts.
- 'n Baankomitee van die dag sal aangestel wees, wat die verteenwoordiger van PMP sal insluit. Hul beslissing sal finaal wees.
JC MuLLER
Bemarkingsbestuurder: Sportammunisie
Tel: 012-3181537
Sel: 082-9402191



Comments
Post has no comments.