Op Saterdag, 29ste Oktober, het SJB in samewerking met PRO-AMM, ‘n geslaagde groepering-skietkompetisie aangebied op die Wouter De Vos Skietbaan. Die twee persone wat verantwoordelik was vir die dag se reëlings, was Arthur Lilford (SJB) en JC Muller van PMP.
Daar het 47 skuts aan die kompetisie deelgeneem en na 179 teikens is geskiet. Om te kwalifiseer vir die PMP Nasionale Kompetisie wat in Pretoria aangebied word, moet skuts ‘n groepering van kleiner as 18mm behaal. Die Nasionale kompetisie vind plaas op 27 Oktober 2012 op ‘n skietbaan in die Pretoria-omgewing. Om te kwalifiseer vir deelname aan die nasionale kompetisie, is ‘n groepering van minder as 18mm ‘n vereiste.
Baie geluk aan die volgende SJB lede wat kwalifiseer met hul beste tellings:
| Niel Basson |
9.08 |
.223 |
| Rob Hemphill |
10.1 |
.243 |
| Gert Lerm |
12.21 |
.308 |
| Danie Brink |
14.6 |
.308 |
| Ross Lilford |
15.03 |
.30.06 |
| Carel Breytenbach |
15.68 |
.308 |
| Arthur Lillford |
15.74 |
.308 |
| Sieg Minnie |
17.09 |
.243 |
SJB wens die manne sterkte toe met hulle voorbereiding vir die Nasionale kompetisie en ook ons opregte dank aan PMP wat bereid is om sulke kompetisies te borg en sodoende die skietsport bevorder.

Gert Lerm 3de plek

JC en Rob Hemphill

JC wens wenner Niel Basson geluk

Junior lid Rudi Lerm tydens die kompetiesie

Toustaan voor die kompetisie

PRO-AMM Skut



Comments
Post has no comments.