Nóg ‘n groot sukses! 65 Skuts het die gasvryheid van Martie & Kie en die organisasie van Danie en Armand, wat hul laaste skiet (of so dink hulle) van hul termyn op die bestuur aangebied het, geniet.
Die twee het ook vir hulself die “soft job” van .22 Posliga gekies en vir arme JJ en Roy met die PRESTIGE opgesaal. Gelukkig het JJ se militêre agtergrond gehelp en hy het hom goed van sy taak gekwyt. Ek het uitgewerk dat hy en Roy die dag elkeen 4,5 km afgelê het terwyl Danie en Armand net 1.6 km moes loop.‘n Gesig wat nou algemeen op De Rust word, is Ray Rademeyer op sy “quad”. Die man hou stil, Renard laai die “quad” af en daarna is Ray “mobile” om te beweeg soos hy nodig het. Wys jou net, waar daar ‘n wil is, is daar ‘n weg. Ek het opgelet dat hy al weer ‘n nuwe “quad” het en op navraag was die antwoord: “Man ek het hom een Sondag oppad om die Rapport te gaan koop in sy m#%r gery… wys jou dis sonde om die Rapport te koop.”
Jaco Brink het ons gewys dat wat vir ons onmoontlik is, deur hom gedoen kan word. Hy het op die Prestige ‘n voltal
wat bekend is as ‘n “possible” in bisley taal, behaal! Arme Martél sukkel al so lank, maar ek het gehoor dat sy verduidelikings darem aanvaar is.
PRESTIGE
Voltal:
Jaco Brink 260
Goud:
Martél Jacobs 220
Renard Oelofsen 210
Silver:
Wilhelm Zietsman 195
Johan Snyman 200
Brons:
Ray Rademeyer (op sy “quad”) 180
Johan Smit 175
Gert Lerm 170
Johan Lerm 170
Henry vd Westhuizen 165
Hein Schoeman 170
.22 Posliga
Senior
1ste Gert Lerm 470
2de Jaco Brink 415
Junior
1ste Cassie Carstens 405
2de Jaco Conradie 340
3de Johan Snyman 215



Comments
Post has no comments.