Met ons eerste skietdag in 2009 het 24 skuts opgedaag! Ek het nog altyd daarvan gedroom om 20 of meer skuts by ‘n boogskietdag te kry en toe gebeur dit sommer vroeg in die jaar!
Die nuwe boogwinkel STILLBOW in Mosselbaai het SJB vir 2009 geborg met ‘n boog om voornemende boogskuts die kans te gee om met ‘n boog te skiet. Op die foto op bl2 ontvang ek die geborgde boog namens SJB van Jaco Du Plessis, mede-eienaar.CHASA het ook einde 2008 die ABO (African Bowhunting Organisation) boogjagters opleidings dokument COP (Certificate of Proficiency) aanvaar as die amptelike boogjagters bevoegdheidssertifikaat vir alle lidverenigings. Die kursus is beide vir krag- en kromboogjagters. ABO is ook ‘n lidvereniging van CHASA. Hier is die indeks van die Bowhunter Manual dokument:
- Introduction
- Acknowledgements
- Why we Bowhunt?
- Safety and Legislation
- Difference between Rifle and Bow hunting
- Regulatory Structure in South Africa
- Registered Clubs and Pro Shops
- Assessment method for awarding the Certificate of Proficiency
- Ethics
- Anti Hunting Factions
- Acceptable Bowhunting ‘Norms & Standards’
- Equipment
- Setting your Sights
- Penetration Assessments
- Bowhunting Methods
- Matching broadheads to the game you hunt
- Shot Placement and Variables
- Correct ‘Follow-up’ times for Game
- Bowhunting Big Game
- Bow Fishing
- ABO Bowhunters Logbook
- Practice / Preparation and “Form maintenance”
- Hints for a Hunters Backpack
- First Aid
- Hunting African Plains Game (Warthog, Impala, Blue Wildebeest, Kudu)
- Professional Hunters / Field Guides
- Great Bow Hunting Opportunities
- Trophy Photos
- Conclusion
- References
Kontak my indien jy belangstel om die kursus te doen. Daar is egter voorwaardes en dit is dat jy lid moet wees van ‘n CHASA lidvereniging en die sertifikaat is slegs geldig solank jy lid bly.
SJB lede wat in 2006 reeds die CHASA Boogskiet Bevoegdheidssertifikaat suksesvol voltooi het, se sertifikate is steeds geldig (jull hoef nie die kursus te herhaal nie).
SJB se Bestuur het ook einde 2008 met Wes-Kaap Natuurbewaring gesels om boogjag in die Wes-Kaap te wettig gedurende die normale jagseisoen. Die bewaarders het gevra dat SJB per brief vir hulle ‘n voorlegging maak vir finale goedkeuring, wat dan ook gedoen is.
Ek het in ‘n vorige BOSBOK genoem dat kragboogtegnologie met rasse skrede voortuitgaan – so kom gesels gerus met my tydens skietdae.



Comments
Post has no comments.