Print

Leesstof en Artikels

SJB doen aansoek om as opleidings voorsiener te akkrediteer (Petru Terblanche)

Suid-Kaap Jagters Bestuur - Friday, January 22, 2010

As gevolg van die vuurwapenwet het die bestuur van SJB besef dat die noodsaaklikheid vir junior opleiding aan ‘n einde kan kom indien daar nie ‘n plan gemaak word nie.

Die bepalings vir die gebruik van vuurwapens (ander as jou eiendom) het tot gevolg dat alle opleiding aan juniors moes geskied met die ouer of wettige eienaar van ‘n vuurwapen teenwoordig; iets wat nie altyd haalbaar is nie.

Bestuurslede het in die verlede hul eie vuurwapens tot die beskikking van juniors gestel. Die aantal skote deur ‘n lid se wapen, die moontlike beskadiging daarvan, die koste en rompslomp verbonde met of die vervanging van die loop of die wapen sowel as die onwettige gebruik van ‘n vuurwapen waarvan die eienaar nie teenwoordig is nie, kon lei tot ‘n einde van junior opleiding.

Die behoefte het ontstaan dat SJB, vir opleidingdoeleindes, sy eie klein kaliber wapens behoort te hê (bv .22, .222, .223 en moontlik ‘n 12 boor haelgeweer).

CHASA het aansoek gedoen om akkreditasie as opledingsvoorsiener, maar die toegang tot wapens in CHASA se kluis in Uitenhage is nie ‘n oplossing vir SJB nie. Die aansoek is reeds ingedien. Die herregistrasie proses verg baie tyd en werkdruk vertraag die proses nog verder. Ons bly egter positief.

SJB het met Johan van Wyk van Bay Guns in Mosselbaai ‘n ooreenkoms aangegaan dat die vuurwapens, wat ons hoop om te bekom, in sy kluis bewaar word. Johan sal beheer oor die vuurwapens uitoefen. ‘n Register sal onder toesig van die vuurwapen beheerbeampte val en slegs ‘n genomineerde lid wat deur die Vuurwapen-beheerraad goedgekeur is, en in besit is van ‘n geldige geskiktheidsertifikaat, sal wapens by Bay Guns in ontvangs mag neem.

Zweli Mnisi het, volgens ‘n berig in The Citizen van 11/10/2009, ‘n amnestie periode vir die inhandiging van onwettige vuurwapens afgekondig. Die periode strek van 11 Januarie tot 11 April 2010. Volgens die segsman kan eienaars wat wettig in besit van vuurwapens is, ook van die geleentheid gebruik maak.

SJB doen ‘n beroep op sy lede om, indien hulle weet van enige van die genoemde kalibers wat vir die smeltoond bestem is, te red deur ‘n

SJB bestuurslid te skakel sodat daarvan werk gemaak kan word. Aangesien die kwessie van wapens in boedels nog nie aangespreek is nie, doen ek ‘n beroep op regslui om SJB in gedagte te hou vir ‘n moontlike skenking. Moontlik los dit vir u ‘n probleem op.

Deur ‘n oortollige geweer aan SJB te skenk, maak u ‘n bydrae tot die Afrikaanse kultuur vir die toekoms.

Outdoor World
Bay Guns
Outdoor World