Twee CHASA kursusse is in die eerste helfte van die jaar aangebied en ‘n verdere een is beplan vir September. 37 studente het die twee kursusse bygewoon en almal het die teoretiese gedeelte geslaag. Die kursus wat Februarie aangebied was, was deur 19 studente van SAASVELd bygewoon, en dit was ‘n besondere ervaring om met die jongmense te kon werk. 4 van die 19 studente was dames. “n Besondere woord van dank aan Dr Jaap Steenkamp wat sy weg oopgesien het om die studente te motiveer om die kursus by te woon. Dit was ‘n besondere ervaring om te sien hoe entoesiasties hulle was om die skietoefening te doen, aangesien van hulle nog nooit ‘n geweer hanteer het nie.
Ek wil ook van die geleentheid gebruik maak om vir Naude Viljoen te bedank vir sy bydrae wat hy deur die jare gelewer het ten opsigte van opleiding. Naude het nou te veel hooi op sy vurk en kan nie al sy verpligtinge nakom nie, daarom het hy versoek dat SJB hom ‘n ruskans gee. Geniet die rus want ons gaan weer vorentoe aan jou deur kom klop.
‘n Nuwe gesig by die CHASA opleiding is Flip Coetzee. Flip, het die laaste twee kursusse die gedeeltes aangebied wat Gustav Brink in die verlede behartig het. Flip! daar is nog net goeie terugvoering van jou aanbiedings ontvang. Namens die bestuur van SJB ons opregte dank. Jy het ‘n moelike taak gehad om by Gustav die leisels oor te neem, maar jy slaag met vlieënde vaandels.
Ongelukkig sal die CHASA kurus wat vir 17 en 18 September beplan is, vervroeg moet word na 3 en 4 September a.g.v. die feit dat die PROAM skiet nou op die 18de September gaan plaasvind.
Groete
Wynand Fourie



Comments
Post has no comments.