Op Saterdag 13 Augustus 2011 is daar ‘n baie geslaagde skietdag aangebied deur die Suid-Kaapjagters- en Bewaringsvereniging. Die skietdag het plaasgevind op die plaas Sandkraal van Chris Coetzer. 35 skuts het opgedaag en moes oor verskillende afstande na verskillende tipes teikens skiet. Op een van die bane moes daar na 5 ghong’s (staalplate) geskiet word wat op afstande geplaas was wat gewissel het vanaf ongeveer 150m tot 350 meter. Die ghong’s is eindelik ‘n toeskouersport, want die medeskuts kyk toe wanneeer ‘n skut aanlê en baie ego’s word geknak deur hierdie staalplate wanneer ‘n teiken gemis word.
Dank aan ons borge: SSK, Landmark en African Outdoor Sports. SwellendamPryse is aan die 1ste drie senior skuts oorhandig, asook ‘n prys aan die junior wenner. Verskeie gelukkige trekkings is ook gemaak en byna al die deelnemers is met ‘n prys huis toe.
| Die uitslae van die kompetisie is as volg: |
|
| Nellis Swart 2 de | |
| Helgard Olivier 3 de | |
| |
|
| Die beste junior was: | Ruan Gerber |
Nadat die verigtinge afgesluit was het almal afbeweeg rivier toe en gesellig om ‘n braaivleisvuur verkeer. Nabetragting is gedoen oor die gong’s wat gemis was. Die oorsake vir miskote is mos altyd een of ander onvoorsiene oorsaak, maar die skut …nooit te blameer nie.
![]() |
![]() |
|
|
|





Comments
Post has no comments.