Print

Leesstof en Artikels

Slenkdalkoors en die Jagter

Suid-Kaap Jagters Bestuur - Wednesday, June 09, 2010

Die afgelope tyd het slenkdalkoors wyd verspreid uitgebreek, ook in gebiede waar SJB - lede gewoonlik jag. Dit is 'n virussiekte, veroorsaak deur muggies wat dodelik is vir mens en dier. Bevestigde gevalle ook onder wild is reeds aangemeld. Dit is dus belangrik om vas te stel of jou jagplek veilig is. Na die eerste ryp is die muggies minder en kan aanvaar word dat dit redelik veilig is om daar te jag. Moet dus nie op plekke gaan jag waar diere steeds vrek nie.

Maak seker dat jou jagplek vir minstens een maand ''skoon'' is. Sub - kliniese draers, m.a.w. waar bokke gesond lyk, maar steeds die siekte onder lede het, kan steeds daar voorkom. Dit is veral die ''slagter'' wat gevaar loop om besmet te word indien hy in aanraking kom met die bloed van besmette diere. Die virus lewe in die bloed tot vier ure nadat die dier gevrek het. Die siekte is op sy gevaarlikste midde - in die uitbreek situasie. Die inkubasie - periode - kontak tot simptome is 20 - 72 uur.

Simptome om voor dop te hou: Bloedings sg.'' puntbloedings'' in die liesarea (tussen vel en lieslap) en goudgeel lewer met bloedspikkels daarop. Indien hierdie simptome waargeneem word en jy was in kontak met die bloed van so 'n dier, maak dat jy onmiddellik by 'n goeie dokter kom. Hoewel dit die wildboer se verantwoordelikheid is om sy jagters in te lig aangaande bg., kan dit nie kwaad doen om net seker te maak nie.


Outdoor World
Margot Swiss
Outdoor World