Suid - Kaapjagters -en Bewaringsvereniging (SJB) het weer eens ‘n geslaagde skietdag te Riversdale aangebied. Die dag was deur Tuinroete Agri geborg en SJB wil van die geleentheid gebruik maak om vir Chris Snyman te bedank, wat namens Tuinroete Agri die pryse geborg het. Die kompetiese het onder ideale weersomstandighede plaasgevind en 35 skuts het opgedaag om deel te neem.
Uitslae
Die wenners van die dag is as volg:
Senior afdeling
1. Johan Du Plooy; 2. Valie Enslin; 3. Carel Breytenbach.
Junior afdeling
1. Johan Kemp; 2. Sieg Minnie; 3. Ruan Gerber.
Die dag is afgesluit met ‘n braai by die klubhuis waar almal gesellig saam verkeer het en waar al die goeie skote bespreek is en die slegtes reeds vergete was. . SJB wil ook van die geleentheid gebruik maak om die “Blou Bul” slaghuis van Riversdale te bedank vir die wors wat hulle geborg het.
![]() |
![]() |
|
| Johan Du Plooy 1ste Senior | Valie Enslin 2de Senior |
|
![]() |
![]() |
|
| Carel Breytenbach 3de prys senior | Sieg Minnie 2de , Wynand Fourie en Ruan Gerber 3de, Johan Kemp 1ste afwesig. |







Comments
Post has no comments.