Print

Leesstof en Artikels

Veldskiet op Prince Albert

Suid-Kaap Jagters Bestuur - Tuesday, May 10, 2011

Op uitnodiging van Prince Albert se Landbouvereniging het Suid - Kaap Jagters - en Bewaringsvereniging ‘n geslaagde veldskiet op die plaas van Joseph Steyn aangebied op 7 Mei 2011. Daar het 42 skuts vir die skiet opgedaag en hulle het so ver as Merweville en Beaufort Wes gekom. Verskeie pryse was op die spel en skuts moes uithaal en wys aangesien die baan redelik moelik opgestel was. Dit was blymoedigend om te sien dat daar so baie juniors aan die kompetisie deelgeneem het.  


Die fokus van die dag was om werklike jagtoestande na te boots en sodoende die skuts se skietvenuf te toets en reg te stel vir die komende jagseisoen. Vir die manne en dames wat nie vir die groot gewere kans gesien het nie was daar ‘n .22 - baan opgestel. Pryse is toegeken aan die eertse drie seniors - asook aan die eerste drie junior skuts.

 

Wenners in die senior afdeling was: Henk Le Roux
                                                                   Mornè Young
                                                                   Andrè Theron        

In die junior afdeling was dit:             De Waal Nigrini
                                                                  Marais La Grange
                                                                  Greeff Barnard

Na afloop van die skiet het Mike Huber, sekretaris van SJB ‘n aanbieding gedoen aangaande die doelstellings van SJB  en watter voordele dit inhou om aan ‘n jagtersvereniging te behoort. ‘n Proffesionele probleemdierjagter het ook ‘n praatjie gelewer oor die verskillende metodes van probleemdierbestyding en wat die boer self kan doen om die probleemdiere op sy plaas te beheer. ‘n Baie belangrike punt wat uitgewys was, is dat elke jakkalsgesin ‘n adres het en die boer daardie adres moet dophou en beheer.  Wat hy ook genoem het is dat ‘n jakkals nie werklik so slim is nie, maar die mens dig hom daardie status toe omdat jagmetodes nie altyd korrek toegepas word nie.

SJB wil van die geleentheid gebruik maak om Johan van Wyk van “Bay Guns” in Mosselbaai te bedank vir die pryse wat hy geborg het.  Sonder borge kan sulke dae nie suksesvol aangebied word nie. Daar word ‘n beroep op lede van SJB gedoen om instansies te ondersteun wat skietdae borg. Graag wil SJB ook vir die Prince Albert Landbouvereniging bedank vir hulle bydrae tot die sukses van die dag. Dankie ook aan Joseph Steyn wat sy plaas beskikbaar gestel het vir die skietdag. Spesiale dank aan die dames wat gesorg het vir die verversings en heerlike aandete.


    



Outdoor World
Bay Guns
Outdoor World