Print

Leesstof en Artikels

Veldskiet te Kouma

Suid-Kaap Jagters Bestuur - Friday, January 22, 2010

Op 23 Januarie 2010 was daar ‘n veldskiet te Kouma aangebied.  Die opkoms was teleurstellend.

Daar het net 31 skuts opgedaag, maar ons hoop en vertou dat by die volgende byeenkoms wat op 27 Maart gaan plaasvind baie meer lede sal opdaag.  Die uitleg van die bane was redelik maklik aangesien die doel van die skiet was om al die skuts die geleentheid te gun om ‘n redelike telling te behaal.  Die totale punte wat oor die ses bane behaal kon word was 540.  Martel Jacobs en Jaco Brink het beide vol talle geskiet en dan was daar 10 ander skuts wat bo die 500 merk geëndig het.  Ek wil ook van die geleentheid gebruik maak om Arthur Lilford en die baanbeamptes te bedank vir hulle bydrae om die dag glad te laat verloop, sonder enige voorvalle, behalwe vir die een persoon wat met ‘n halfmaan gepronk het.

Die bestuur van SJB wil ook van die geleentheid gebruik maak om vir Van Wyk en Erma Meyer te bedank vir die gebruik van hulle plaas om die skiet te kon aanbied.

‘n Beroep word op die lede gedoen om die volgende veldskiet te ondersteun, sodoende hou ons SJB se naam hoog.


Outdoor World
Bay Guns
Outdoor World