Om n bok te bekruip en op 5 tot 25 meter te jag is ? besonderse ervaring en ek wil dit vir alle boogjagters aanbeveel. Die artikel is vir boogjagters wat hul loop en bekruip tegniek wil verbeter.
Sukses lê in die gereelde oplees en in oefening van die paar basiese tegnieke, daar word ook gereeld artikels hieroor gepubliseer. Lees en oefen die tegnieke en pas dit doelbewus toe met die volgende jag geleendhied. Dit neem soms 2 ot 3 jagseisoene voordat jou skoling werk, moet nie moed verloor nie.
Opspoor van wild
Sit rustig (so hoog moontlik) en verken jou jag omgewing met verkyker (Gebruik verkyker met die beste vergroting tot jou beskiking). Sodra jy die wild opspoor wat gejag mag word beplan dan verder. Die afstand tussen jou en die bok kan met n “Range Finder” bepaal word.Indien die terrein te plat is en daar nie hoë bome is om die gebied te verken nie, beweeg dan baie stadig windop van bos tot bos (koelte tot koelte) om die diere op te spoor. Staan ook gereeld stil en verken die omgewig van allle kante met die verkyker. Met die metode het ek al gereeld tot 60 meter vanaf die bokke gekom sonder dat hulle van my weet of ek van hulle. Die tegniek het ook al veroorsaak dat bokke van agter koppie of groot bos by my instap
Wind
Bepaal die sterkte van die wind en ook die wind rigting.Windsterkte is moelik om te bepaal maar deur die weer voorspeling die vorige dag te bekom kan jy redelik seker wees van die wind sterkte en die algemene windrigting. Gooi droë grass die lug in om self seker te maak van die bepaalde dag se wind rigting. Enige matige tot sterk wind is tot die jagter se voordeel mits die jagter aan die wind af kant van die bok is. Wind help om mens reuke en geluide te verberg. Sorg ook dat jy voor die jag die minimum aromatiese seep of sjampoo gebruik. Jy kan jou jag klere die aand voor die jag reeds in plastiek sak saam met bossies en gras van die omgewing toebind.
Beplan jou roete
Met die posisie van die bok en die heersende windsterkte en rigting in gedagte kan jy nou roete tot by die bok bepaal. Let asb. op dat n swak beplande roete gewoonlik tot groot teleursteling lei. Maak seker jy kry vir jou merkers om jou langs die pad op koers te hou. Die berge/bosse/bome lyk na 100 meter nie meer so bekend soos van af die oorspronklike posissie nie. Beplan jou roete deur gebruik te maak van digte bosse, slote, rots banke, berg piekke en skadu kolle. Onthou jy moet so stil en onopsigtelik moontlik die lang afstand tussen jou en die bok kan aflê sonder dat die bok agterdogtig raak.Bestudeer die terein
Maak seker dat daar nie ander wild of voëls op die roete wei wat later sal skrik en die bekruip kan bederf nie. Probeer bepaal of die windrigting nie op die beplande roete verander nie, dit kan alleenlik met n goeie verkyker bepaal word deur die lang gras en blare van bosse en bome dop te hou. Ek kry ook vir my merkers by die bok, om my te waarsku dat die bok min of meer n vooraf geskatte afstand van my af sal wees en ook om te bepaal waar die bok op daar die oomblik kan wees. Indien die bok lê kos dit behoorlik nek rek om die dier se posissie te bepaal voor die finale aanslag. Ek het al by geleenthied gedink ek is by die bok verby toe ek ewe skielik die bok voor my in die bos kon ruik en sodoende die dier se korrekte posisie kon bepaal.Kamoflering
Kamofleer jou so goed as wat jy kan, goeie kamoflering gee jou beslis die voordeel. Indien die bok tog beweging waarneem en niks hoor, ruik of geen defnitiewe profiel kan identifiseer nie, sal die dier baie maklik weer begin wei of rus. Maak gebruik van kamofleer patrone en kleure wat by die omgewing pas. Alle kamofleerpatrone moet eerder skakerings van groen, bruin en swart bevat. In oop terein moet gebruik gemaak word van genoemde kleure in ligter formaat en alle parone moet breed wees. In digter terein moet gebruik gemaak word van genoemde kleure in donker formaat en alle parone moet smaller/digter wees. Ek jag oor die algemeen met donker digte patrone kamofleering in alle tereine met redelike sukses. Maak gebruik van kamofleer room vir jou gesig of gesignet en handskoene vir jou hande.Stadig en doelgerigte beweging
Hier beteken dit dat jy die bekruip tegniek van luiperd moet naboots. Beweeg stadig, gefokus en doelgerig. Gebruik alle sintuie. Ek het artikel gelees waar jagter sê dat dit hom 66 tot 88 sekondes neem om een tree te voltooi. Oefen gereeld om met die boog te kruip. Die boog is groot en met die koker en pyle aan die boog, op jou rug of aan die heup is dit nodig om dra en kruip metodes gereeld te oefen. Beweeg ook so veel moontlik in skadu of deur digte bos. Gebruik digte bos soveel moontlik as agtegrond.Wees Geduldig (Vanaf stap een tot 10 moet geduld jou wagwoord bly)
Lees die bok se ligaamstaal en probeer bepaal wat die dier se volgende beweeging kan wees sodat jy jou volgende tree kan gee of seker kan wees van die skoot plasing. Hoe langer jy neem (binne perke) om binne jou redelike skiet afstand van af die bok te kom hoe rustiger vind jy die dier by die punt waar jy kan skiet.Wees Stil
Dra klere wat nie skuurgeluide maak nie, toets die klere by die huis en nie gedurende die jag nie. Dra vellies (sagte sool skoene) en sorg dat die leer nie kraak as jy hurk of loop nie. Sommige klere sal aan takke haak en as jy eers vassit mag dit dat n klom beweging kos om los te kom. Moet nie op droë blare, takke of los klippe trap nie, indien dit onmoontlik is rol die voorste voet vanaf die haak op die buite kant van die voet tot op die bol voordat die volgende voet opgelig kan word. Indien moontlik verwyder die los takke/blare/klippe versigtig met die hand. Verwyder jou dag sak en enige water bottels voor die finale bekruip begin. Nock pyl voor die finale aanslag begin (Druk die snaar en nock teen mekaar vou toe in jou maag tussen die klere en knip die pyl aan die snaar). Onverwagte slang kan ook met die boog weg gewys word sonder om die jag te bederf. Ek het dit by vriend gehoor maar nog nooit beleef nie. Indien jy Swart Mamba sien en kan weg beweeg doen dit so gou moontlik, indien die slang te naby is vries. Die slang inligting is net vir kennis en kan nie jou jag of gesondhied waarborg nie.Doen alles met Selfvertroue
Oefen en volg die stape soos reeds bespreek. Jy moet die self vertoue opbou om die jag metode te gebruik. Sorg dat jy:kalm is
jou toerusting (range finder, boog, pyle en jagpunt) vertrou
jou skiet tegniet bemeester in die staande, sit en geknielde possisie
Ken jou skiet afstand, moet geen kans waag op langer afstande nie
Beweeg net as jy seker is daar is nie n dier wat jou dalk kan sien nie.
Vertrou jou instinkte
Dit is moelik om iemand die gedeelte van jag te leer. Jy verkry die vermoë deur gereeld te jag, inligting te ontvang van ervare jagters en dit doelbewus toe te pas. Deel jou presiese ervaring met mede jagters sodat hulle jou kan help om jou foute te identifiseer. Onthou die oomblik wat jy besluit neem is jy alleen en jy kan net jouself blameer indien die bok wegkom. Deur die basiese stappe kan jy gereëld sukses behaal en jou ervaring met ander te deel. Elke jag is anders al is dit op dieselde plek, let op dat die weer anders kan wees, jy het nuwe klere aan, jou toerusting is nuut of jou voorbereiding was te kort.Oggend of middag jag speel ook n groot rol by die voorbereiding vir jou loop en jag, let op na die tyd van die dag wat jy gewoonlik jou bok skiet en beplan jou jag gedurende die tyd. Moet egter nie die jagveld onnodig verlaat nie, jy mag dalk net daar die een kans misloop. Wild is ook gewoonlik meer aktief in die dag gedurende donker maan, beplan dus (indien moontlik) jou jag gedurende die tydperk.



Comments
Post has no comments.