Wouter se stem het stil geraak . Die Kruger Wildtuin waarvoor Wouter so intens lief was is die stille getuie van die drama wat by een van sy besigtiging punte plaasgevind het , Daar in die natuur wat so ñ groot rol gespeel het in Wouter se lewe , het die siekte toegeslaan .
Vir 'n standerd ses seun is 'n matriek seun 'n reus . Dit was my eerste kennismaking met Wouter . Wouter die rustelose reus , met die hart van goud. Noem die woord skiet en jy sien Wouter . Altyd betrokke by alle aspekte van die skietsport . 'n Kenner van alle aspekte van die sport en altyd bereid om dit met enige mens te deel.
Wouter die bewaarder . Sal ek die dag vergeet toe een van die groep 'n bosbok ooi geskiet het , na opdrag van die plaas eienaar , jy die jagter beloof het “ Ek sal jou nooit weer groet nie , man “
Wouter se stem is stil , maar oor Suid- Kaap Jagters se lede hang die skaduwee van 'n reus . 'n reus wat spore getrap her in die opleiding van byna elke jagter in SJB. Onder jou leiding het die skietdae ñ karakter aangeneem wat altyd onthou sal word as die Wouter faktor.
Wouter se spoor het koud geword , Scotty se maat het verhuis na die ewige jagveld. Maar die spore wat Wouter in S J B getrap het sal altyd sigbaar bly . Vir oulaas het jy die fluitjie geblaas .
Rus sag vriend tot ons weer in die ewige jagveld ontmoet



Comments