Print

BELANGRIKE KENNISGEWING !! SJB SE 25 JAAR VIERINGE

21-Jul-2016

KWARTEEU VIR SJB

Vyf-en-twintig jaar gelede het die droom van ‘n paar jagters met visie gestalte gekry toe die Suid-Kaap Jagters- en Bewaringsvereniging, alom bekend as SJB, amptelik op 31 Augustus 1991 gestig is. Hierdie klein vereniging het gegroei tot waar dit vandag staan met vele hoogtepunte op sy kerfstok. Die Vereniging het ‘n leidende rol gespeel tydens die samestelling van die omstrede nuwe vuurwapenwet, veral ten opsigte van die voordeel wat toegewyde jagterstatus vir jagters inhou. SJB neem nasionaal leiding in junior opleiding; in so ‘n mate dat die SJB- junior  jagter opleidingskursus deur CHASA aanvaar is om te dien as die nasionale norm en by SAPD geregistreer is vir toegang tot toegewyde status vir juniors. SJB is tans die enigste jagtersvereniging in SA wat geakkrediteer is om vuurwapens te besit vir opleiding.

Die 25 jaar mylpaal word gevier in die vorm van ‘n aanddinee met Prof. Kobus van der Walt, aanbieder van ``omgewingspraatjies`` Saterdagoggende op RSG, wat as gasspreker gaan optree. Dit vind plaas op Saterdag 5 November in die Protea Hotel King George op George. Behalwe vir goeie kos, is daar ook ander verrassings op die spyskaart.

Die bestuur nooi lede om hierdie geleentheid saam met ons te kom vier. SJB-lede kry eerste geleentheid om van die beperkte aantal kaartjies wat beskikbaar is, te bekom. Kaartjieverkope vir lede sluit op 31 Augustus.  Dit is dus belangrik dat jy seker maak dat jy deel is van hierdie glansgeleentheid deur so spoedig moontlik jou kaartjie te bekom.

Koste beloop R200-00 per persoon. Vir kaartjies en besprekings kan Melinda by die SJB kantoor in Voorbaai geskakel word. 044-6952319 of info@suidkaapjagters.co.za.

‘n Hoogtepunt wat jy nie mag misloop nie.

KAARTJIES BESKIKBAAR VANAF MAANDAG, 25 JULIE 2016 BY SJB KANTOOR 



Comment

No Very




Captcha Image

Outdoor World
Bay Guns
Outdoor World