Print

BJV Groepering Skietdag - 29 September 2012

07-Aug-2012


3 Augustus 2012
Mnre CHASA en lid verenigings
Geagte Voorsitters, besture en lede
IS: BJV GROEPERING SKIETDAG – 29 September 2012

Hiermee wil ons u graag uitnooi om deel te neem aan die jaar se Groepering kompetisie wat op 29 September 2012 op Tzaneen plaatsvind.

Die skietdag het van krag tot krag gegaan om waarskynlik die grootste skietdag van sy soort in Suid Afrika te word.

Vanweë ons gemeenskap en vriende van die vereniging landswyd se openhartigheid kon ons in 2011 meer as veertig pryse ter waarde van meer as R60,000 toeken. Hierdie jaar beoog ons egter om meer as ‘n honderd pryse uit te deel met ‘n totale waade van oor die R100,000.

Kategorie en pryse:
• Jaggeweer kompetisie
- Ope-klas (beste 30skuts – ongeag geslag of ouderdom)
- Oopvisier en voorlaaier(oopvisier) (beste 5 skuts – ongeag geslag of ouderdom)
- Beste drie dames (bykomende prys tot opeklas pryse)
- Beste drie Juniors [jonger as 18jaar in 2012] (bykomende prys tot opeklas pryse)

• .22 geweerkompetisie
- Seniors (beste 6 skuts 13 en ouer in 2012 ongeag geslag)
- Juniors (beste 10 skuts, jonger as 13 in 2012 ongeag geslag)

• Randslag handwapenkompetisie
- Seniors (beste 6 skuts 13 en ouer in 2012 ongeag geslag)
- Juniors (beste 10 skuts, jonger as 13 in 2012 ongeag geslag)

• Senterslag handwapenkompetisie
- Seniors (beste 6 skuts 13 en ouer in 2012 ongeag geslag)
- Juniors (beste 10 skuts, jonger as 13 in 2012 ongeag geslag)

• Boog kompetisie
- Seniors (beste 6 skuts 13 en ouer in 2012 ongeag geslag)
- Juniors (beste 10 skuts, jonger as 13 in 2012 ongeag geslag)

Vêrdere pryse sluit in meeste teikens geskiet, grootste kaliber, swakste geschiet, gelukkige trekkings met enkel waardes waarvan sommige tot meer as R1000 stuk is. Gelukkige trekkings kan slegs deur iemand ontvang word at tegenwoordig is tydens die prysuitdeling.

(Vanweë onvoorsiene omstandighede kan die haelgeweer kleiduifkompetisie nie meer aangebied word nie)

Hoeveelheid pryse per kategorie of subkategorie mag aangepas word na gelang van inskrywings, borgskappe ensomeer.

Sien ook ons video uitnodiging by http://www.youtube.com/watch?v=pzN3m5KJoUk&feature=youtu.be .

Truvelo gaan ook teenwoordig wees met hul 50 Browning en die wat die maag daarvoor het kan gerus met die wapen skiet. Langs ons skietbaan gaan ‘n 4x4 dag ook die vier trek geesdriftiges besig hou. Vir meer oor die 4x4 component van die dag kan u met Ivy Iveson kontak by 083 4417 599.

Hou ons webblad dop by www.bosveldjagters.co.za. Die reels en inskrywingsvorms sal binnekort daar verskyn.

Ons 100m skietbaan is opgegradeer om 17 jaggeweer skuts gelyktydig te hanteer (insluitend ‘n rolstoel vriendelike punt) en ons beoog om die bykans 1200 gesamentlike katergorie teikens van 2011 te vermeerder na 2000 teikens die jaar.

Behalwe vir spesiale tarief akkomodasie soos by Hotel@Tzaneen, bied Letaba tak ook ‘n kampeer fasilitiet op die terrein aan teen R250-00/staanplek/dag. Vir meer besonderhede oor ekstra akkomodasie sien http://www.bosveldjagters.co.za/index.cfm?Aid=1885887321 en roetekaarte na die skietbaan http://www.bosveldjagters.co.za/index.cfm?Aid=1885887229.

Die Letaba tak van BJV is ‘n belangrike deel van ons gemeenskap wat nie net die jagters akkomodeer nie maar onder andere ook die volgende:

  • Die enigste ten volle SABS geakkrediteerde skietbaan van sy grootte en diversiteit in ‘n 100km radius
  • Prakitese skiet vir vuurwapenbevoegdheidopleidingsinstansies
  • SAPS en ander staatsinstellings se opknappingsoefeninge word daar gehou
  • Selfverdedigings kursusse
  • Handwapen sportskiet
Verder bied die jagtersvereniging ook die volgende aan:
  • Groepering skietdae
  • Kleiduifskiet
  • Buskruit / voorlaaier skiet
  • Boog jag
  • Windbuks skiet
  • Rondomtalie skietdae (Van windbuks skiet tot kleiduif – alles in een)
  • CHASA skietdae vir Toegewyde jagters status
  • Wapen bevoegdheidopleiding deur gekwalificeerde instructeurs 
  • Baan offisiers opleiding
  • Senior CHASA bekwaamheids opleiding
  • Junior jagtersopleiding
  • Instrukteursopleiding, ens 
Dis alles vir die gemeenskap en ons is dankbaar dat ons dit nog kan bied deur u ondersteuning. Vir meer inligting kan u met Chris de Wet 083 423 6600, Hansie Botha 083 290 0738 of Belinda Badenhorst 071 871 4710 kontzak. Ons sien uit daarna om u by ons te hê op die groot dag.

BJV Letaba Bestuur

Voorsitter (Hansie Botha) Tel: 083 290 0738 
Ondervoorsitter Admin (Schalk Robbinson) Tel: 083 700 4885
Sekretaris (Giam Fourie) Tel: 079 509 1071 
Ondervoorsitter Opleiding (Walt Katzke) Tel: 082 872 5530
Tesourier (Rob du Plessis) Tel: 082 856 6000 
Sekretaresse (Belinda Badenhorst) Tel: 071 871 4710




Comment

No Very




Captcha Image

Outdoor World
Margot Swiss
Outdoor World