Print

Boodskap aan Lede

12-May-2011 Hier aan die begin van die jagseisoen is dit miskien nodig dat ons as lede van SJB onsself net weer opskerp en herinner daaraan dat ons te alle tye die voorbeeld moet stel op pad na - en in die jagveld. Respekteer die reëls van die gashere waar ons ook al jag. Maak seker van die fynskrif om misverstande te voorkom. Maak seker dat die regte jaglisensie vir die provinsie waarin jy jag, geweerlisensies en vervoerpermitte altyd in plek is en waak daarteen om nie jagwette te oortree nie, veral wegbly van jag met kunsmatige lig. Dit is net beskore vir permithouers wat besig is met probleemdierbeheer. Daar is gedurig berigte in die pers oor jagters wat betrokke is by onetiese wanpraktyke en ons wil sulke verleenthede in ons vereniging gespaar bly. Geniet elke jaggeleentheid en waardeer hierdie groot voorreg en pas dit op.

SJB – Bestuur.


Comment

No Very




Captcha Image

Outdoor World
Margot Swiss
Outdoor World