Print

Die Juniors doen dit weer!

23-Mar-2011 Op 12 Maart 2011 het die Federasie van Jagtersverenigings van Suid Afrika ‘n Interprovinsiale skietkompetisie op die plaas Cheesas Peak naby Bloemfontein aangebied. Die kompetisie het onder uitstekende weersomstandighede plaasgevind behalwe vir ‘n laatmiddag donderbui wat uitgesak het.

Daar het 33 spanne vir die kompetisie ingeskryf en het van al die uithoeke van die land gekom. Suid Kaapjagters en Bewaringsvereniging het 2 senior spanne en 1 junior span ingeskryf.

Die baanuitlegte het werklike jagtoestande nageboots en die skuts moes na lewensgroot teikens van inheemse wilde diere en staalplate skiet. Die afstande na die teikens was onbekend aan die skuts en geen hulpmiddels was toegelaat om die afstande te bepaal nie.

Suid Kaapjagters is baie trots op hulle juniorspan wat met die louere in hulle afdeling weggestap het en daarvoor gesorg het dat die gesogte wisseltrofee Suidkaap toe kom. Elke juniorlid is ook met ‘n medalje beloon.

Die twee senior spanne het onderskeidelik 9de en 22ste ge-eindig.

Suid Kaapjagters is ook trots daarop dat een van hul lede nl.Jaco Brink, sy Proteaklere vir jaggeweerskiet ontvang het. ‘n Protea span het op die 14de Maart teen ‘n span van die Tsjeggiese Republiek deelgeneem en as oorwinnaars uit die stryd getree.

JANNES PRINSLOO commented on 24-Mar-2011 05:49 PM4 out of 5 stars
UITSEKEND GOED GEDOEN


Comment

No Very




Captcha Image

Outdoor World
Margot Swiss
Outdoor World