Print

Die ou grote het verhuis...

30-Nov-2011
      

Eric Brown

Die ou grote het verhuis ; sonder om te groet, is hy weggeruk uit ons wêreld van gejaag en onsekerheid oor môre . 

Eric, 'n seun van Knysna, en oud leerder van Hoër Landbouskool Oakdale het diep spore getrap in die vleisbedryf in die Suid-Kaap . Sy grootwordjare in 'n slaghuis het die grondslag gelê vir sy liefde vir die bedryf . Toe al die harde werk sy gesondheid begin opkeil, wend hy hom tot die speserybedryf waarin sy liefde vir sy produk en mense tot uiting kon kom .

Sy idees vir nuwe vleisprodukte sal jy nog lank op rakke van vleishandelaars sien . Sy naam sal jy egter nie op enige produk sien nie , want vertoon was nie deel van sy mondering nie . Dienslewering was sy sterkste punt. 

In SJB het Eric sy besonderse liefde vir kinders bewys deur baie tyd op te offer om die liefde saadjie vir die verwerking van wildsvleis aan ons juniors te leer .

Die skietdae op De Rust en Riversdal sal altyd die stempel van Eric dra . Pyn en siekte het probeer , maar kon nooit sy entoesiasme vir uitstallings van sy produk onderkry nie .

Eric jy het ons vooruitgegaan , jy het ons almal weer laat besef dat jou laaste staning in die jagveld van die lewe nie op die lewensalmanak verskyn nie .

Rus sag ou grote , SJB eer jou nagedagtenis.


Comment

No Very




Captcha Image

Outdoor World
Bay Guns
Outdoor World