Print

Gedenkjoernaal

02-Dec-2010 SJB gaan volgende jaar met sy 20 – jarige viering ‘n spog gedenkjoernaal publiseer wat ‘n outobiografie gaan wees van die vereniging waarop ons so trots is. Dit sal ‘n visueel aantreklike, hoë gehalte versamelitem wees wat die verhaal vertel van SJB se doel, stigting en groei; erkenning gee aan bydraes en prestasie; groot momente uitlig, korporatiewe identiteit dokumenteer en foto’s publiseer wat SJB en sy lede kultureel identifiseer. ‘n Toegewyde span manne werk reeds volstoom om materiaal hiervoor in te samel.

Ons het jou hulp nodig!!!

Ons soek:
  • Foto’s ( van nou en ook uit die vorige dekade, selfs eeu)
  • Staaltjies en stories.
  • Koerant – en ander knipsels.
  • Enige ander interessante materiaal en items.
Ons sal dit scan of fotografeer en onbeskadig terugbesorg.

Kontakpersoon:
Neels Meyer - 082 824 8603 of stuur sommer per
e – pos na: kouma@vodamail.co.za


Comment

No Very




Captcha Image

Outdoor World
Margot Swiss
Outdoor World