Gevorderde Jagter Toekenning
30-Aug-2011 Hierdie toekenning word deur CHASA ondersteun. Lede moet daarop let dat dit nie ‘n kwalifikasie is nie, slegs ‘n toekenning vir lede wat aan die kriteria voldoen en daarvoor aansoek doen. Aansoeke word gerig aan die voorsitter en moet asseblief gepos word na die SJB adres of kan per hand by ons nuwe katoor op Voorbaai afgelewer word.Kriteria:
CHASA bekwaamheidsertifikaat PLUS sertifikate vir suksesvolle aflegging van minstens twee ander kursusse, bv. boogjag, CHASA trofeemeet, CHASA baanoffisier, ensovoorts.
Minimum Jagervaring:
10 jaar en minstens 10 spesies suksesvol gejag.
Bevredigende bewyslewering deur die kandidaat. Assessering daarvan sal deur die aangewese komitee van SJB geskied. ‘n CHASA balkie word aan suksesvolle kandidate verskaf.




Comment