Hendrik van Rensburg - Herlaaikursus - Stellenbosch - Wes Kaap
29-Aug-2011Hendrik van Rensburg gaan op die volgende datum 'n herlaaikursus aanbied. Bespreek asseblief vroegtydig om teleurstelling te voorkom. Die maksimum persone toegelaat op 'n kursus is 15. As u nie bespreek en betaal het nie kan u nie die kursus bywoon nie.
Datum van kursus: 03 SEPTEMBER 2011
Die volgende onderwerpe sal tydens die Kursus behandel word:
- Akkuratisering van gewere
- Teleskoop:- Keuse, verstelling
- Montasies:- Keuse, wyse van montering
- Aksie:- Keuse, akkuratisering
- Pakking
- Loop:- Profiel, kamer, groefdraai, kroon
- Sneller:- verstelling van sneller vir die doel
- Kolf
- Herlaai van Akkurate ammunisie:
- Keuse van herlaai toerusting:- Wat is jou doelwit?
- Keuse van kaliber
- Die keuse van doppe as die belangrikste komponent van ammunisie
- Klas van doppe
- Dop voorbereiding
- Vuurvorming
- Keuse van 'n doelgerigte punt en dryfmiddel
- Lading ontwikkeling (Die "Sweetspot" tegniek)
- Die volhoubare akkurate laai van ammunisie: Wat gebeur as die geweer na 'n tyd begin bont skiet?
- Veranderlikheid in die brandspoed van dryfmiddel
- Verandering in atmosferiese toestande
- Verharding van doppe
- Doughnuts
- Die korrekte skoonmaak en onderhoud van 'n geweer.
| KOSTE: | R500 per persoon |
| PLEK: | Bottelary Hills |
| TYD: | 09h00 |



Comment