Print

Hoe het dit ontstaan – Geologie Ekskursie

24-Jan-2013

Wanneer ‘n mens deur ons pragtige omgewing ry, kom daar dikwels vrae by jou op… hoe het dit alles ontstaan? Hoekom kry ons so baie verskillende gesteentes in hierdie omgewing? Wat beteken dit wanneer mense praat van die Kaapse Plooiberge en hoe het dit ontstaan? Hoe oud is hierdie gesteentes? Hoekom kry ons rolstene so ver vanaf die kus? Hoekom is die gesteentes in Meiringspoort geplooi en waaruit bestaan hierdie geplooide rotse? Hoekom is die sandsteen naby Oudtshoorn rooi en waar kom die konglomerate vandaan?

Lede en vriende van die Suid-Kaap Jagters-en Bewaringsvereniging word uitgenooi om die naweek van 22 – 24 Maart saam met ons te vertrek op ‘n geologie-ekskursie waar ons antwoorde op ons vrae gaan soek en kry. Ons gaan by die Kruisrivier-gasteplaas, geleë aan die voet van die Swartberge, kamp opslaan of in huisies bly. Dan vertrek ons vanuit ons basis op ‘n interessante sirkelroete via Swartbergpas, Prins Albert, Meiringspoort en met ‘n pragtige agterpad terug na Kruisrivier. Ons word vergesel deur ‘n geoloog wat al die interessanthede op hierdie ongelooflike roete gaan uitwys.

Vir meer inligting en besprekings kan die SJB kantoor in Voorbaai geskakel word:

Melinda Bosch - 044 695 2319 

Gedurende kantoorure: Weeksdae 09:00 – 13:00 of 

Neels Meyer - 082 824 8603



Comment

No Very




Captcha Image

Outdoor World
Bay Guns
Outdoor World