Print

Junior Jagter / Mentor Jagfoto Gelukkige Trekking

29-Mar-2012

Dit is een van die Konfederasie van Jagtersverenigings van SA (CHASA) se strategiese prioriteite om meer aandag te skenk aan die werwing van juniorjagters asook om hul betrokkenheid in verenigingaktiwiteite te bevorder. Gevolglik het die raad van CHASA besluit of ‘n Juniorjagter- / mentor-jagfotokompetisie in 2012 van stapel te stuur.

Dit Behels:
  • Jagfoto’s (jumbo-grootte) van ‘n junior-jagter en sy mentor moet aan CHASA se kantoor gestuur word.
  • Die foto moet vergesel wees van ‘n brief van die grondeienaar, wat die plek en die datum van die jag bevestig.
  • Die gehalte van die foto sal nie as kriterium geld nie en die wenner sal tydens die raadsvergadering in September 2012 deur ‘n gelukkige trekking aangewys word.
Die prys behels ‘n koedoe- of impalajag, wat deur Rob Peachy, ‘n lid van die Big Bore Association Southern Africa (BASA) geborg word. Die Raad het besluit om ‘n bedrag van R 5,000.00 by te dra tot die vervoerkostes van die juniorjagter en sy mentor. Die sluitingsdatum vir die instuur van foto’s vir die 2012-kompetisie is 25 Augustus 2012


Comment

No Very




Captcha Image

Outdoor World
Bay Guns
Outdoor World