Print

JUNIOR SKIETKLINIEK 7 MEI 2016

26-Apr-2016

UITNODIGING

.22 SKIETDAG + OPLEIDING VIR JUNIORS

Daar is baie kinders wat belangstel in die jag-en skietsport wat nie geleentheid het om met vuurwapens in aanraking te kom nie omdat hul ouers nie jagters is of in besit van vuurwapens is nie. Die junior opleidingspan van die Suid-Kaap Jagters- en Bewaringsvereniging (SJB) nooi seuns en dogters tussen ouderdomme 9 en 17 jaar om in te skryf vir ‘n opleidingsessie in vuurwapenveiligheid, veilige hantering van vuurwapens en skiettegnieke wat uitloop in prakiese skiet op bokteikens en ghongs.

Dit word aangebied op die Wouter de Vos Skietbaan naby Klein Brakrivier op Saterdag 7 Mei 2016. Vooraf inskrywings is noodsaaklik, want getalle word beperk. Maak gebruik van hierdie geleentheid en kom maak kennis met hierdie gesonde manier van ontspanning of kom verbeter jou skietkuns, want jy gaan leer by die meesters. Onervare skuts en beginners is welkom.

Bring eie .22 en ammunisie, maar dit word verskaf aan diegene wat nie het nie.  Eienaar van die wapen moet teenwoordig wees.

Vir meer inligting en inskrywings kan die SJB kantoor gedurende kantoorure: Weeksdae 09:00 – 13:00 geskakel word: 044 6952319 of skakel Neels Meyer by: 0828248603 na-ure. E-pos : info@suidkaapjagters.co.za

Koste beloop R100-00 per persoon wat deelneem.




Comment

No Very




Captcha Image

Outdoor World
Bay Guns
Outdoor World