Print

Kennisgewing: Buffeljags veldskiet

09-Feb-2012

Click here to download entry form 

Klik hier om inskrywingsvorm af te laai  


SAFARI & OUTDOOR  GHIB – BORE UITDAGING

BUFFELJAGSRIVIER,  SATERDAG 3 MAART 2012                                   

SUID-KAAP JAGTERS- EN BEWARINGSVERENIGING het die voorreg om die 1ste Buffeljags veldskiet aan te bied met pryse ter waarde van R11 000 geborg deur Safari & Outdoor.

Padaanwysing:
Buffeljagsrivier: (Mosselbaai-kant van Swellendam op N2) Vanaf N2 – draai in by BP vulstasie. Volg pad tussen garage en kwekery oor treinspoor vir 3 km. Draai LINKS op MALGAS – pad. Ry voor skool verby vir 11 km tot by twee damme en drie bome. Draai REGS by CHRIS COETZER se plaasingang. GPS ko-oördinate: S34° 09.822   E020°   34.058

Program:
07h00 – 08h45      Inskiet van gewere. ‘n 100m-inskietbaan sal beskikbaar wees.
08h00 – 10h00      Registrasie.
09h00                   Kompetisie begin met formele opening wat deur almal bygewoon moet word.
15h00                   Stiptelike sluiting van baan.
                            Prysuitdeling en gelukkige trekking vind plaas sodra tellings verwerk is.

Kompetisie:
5 bane met 6 skote elk op SAJSV teikens.
  • Blesbokteiken: 6 skote lê-houding op 300m  120sek.  Enige rus
  • Vlakvarkteiken: 6 skote staanhouding op 50m 60sek stok word voorsien (opsioneel)
  • Ghongbaan: 6 skote na 200mm ronde staalplate. 300m, 200m, 250m, 200m, 350m, 150m oor klip of bousteen in spesifieke volgorde soos bo. 180sek.
  • Springbokteiken: 6 skote sithouding op 160m. 120sek  oor ``wigwam ``
  • Rooibokteiken: 6 skote op 220m. 120sek. ``bi-pod, tri-pod`` of skietstoel.
Inskrywings:
Inskrywings sluit op Dinsdag 28 Februarie om 13h00.
Die aantal deelnemers wat hanteer kan word is beperk. Om teleurstelling te voorkom, skryf vroegtydig in op voorgeskrewe wyse. Laat inskrywings sal tydens registrasie aanvaar word indien gatalle dit toelaat teen ‘n addisionele koste van R100 00. Doen vroegtydig navraag. Inskrywingsvorms is beskikbaar op die SJB webwerf: www.suidkaapjagters.co.za asook by die SJB kantoor in Lofty Nelstraat 5, Voorbaai, Mosselbaai.

Algemeen:
  • Reëls sal by elke baan deur die betrokke baanoffisier verduidelik word.
  • Deelnemers sorg self vir ``bi- en tri- pods``
  • Stokke en wigwams word voorsien.
  • Verkykers, afstand- en windmeters word toegelaat.
  • Voorbeelde van teikens sal op elke baan beskikbaar wees.
  • Alle skiete begin vanuit die staanhouding.
  • Geen alkohol toegelaat op terrein.
  • Streng veiligheidsreëls soos deur organiseerders bepaal en afgekondig is, sal geld.
  • Juniors moet vergesel word deur die lisensiehouer van die vuurwapen wat hy/sy gebruik
  • Slegs slenterslag jaggewere word toegelaat.
  • Die kompetisie is oop vir alle skuts.
Bring saam:
  • Aktiwiteits-en lidmaatskapkaarte, vuurwapenlisensies, 30 patrone + genoeg patrone vir inskiet, geweer, geweersak, oormowwe, skietbril, stoel, bosluisweerder, lip-ice, 
Pryse:
Pryse ter waarde van R10 000 in die vorm van geskenkbewyse geborg deur Safari & Outdoor. Gelukkige trekking van R1 000 vind plaas na afloop van die skiet. Beste senior skut R2 500.


Comment

No Very




Captcha Image

Outdoor World
Margot Swiss
Outdoor World