Print

Kennisgewing

27-Jan-2012

SAFARI AND OUTDOOR WITZENBERG VELDSKIET 4 FEBRUARIE 2012

KAAPJAG het die voorreg om die 6de WITZENBERG VELDSKIET aan te bied met HOOF PRYS  Howa 1500 Hogue 30-06 Springfield geweer geborg deur Safari&Outdoor

Wanneer:
Saterdag  4 Februarie 2012

Waar:
Grootvlakte buite Ceres. Ry op die R46 deur Ceres, na 11km draai regs na Bo- Swaarmoed pad (teerpad), volg pad vir 19km, draai regs op Die Vlakte pad (grond pad), 3km tot Grootvlakte afdraai na links, na 400m draai regs, na 400m draai links, 1km tot groot stoor, waar inskrywing sal plaasvind.

Tye: Registrasie: 
07h00 tot 09h00, by die Groot stoor (volg rigting aanwysers))

  

Kompetisie:
Gong bane 07h00 tot +/- 15h00, Teikenbane 07h00 tot +/- 15h00 'n 100-Meter inskietbaan sal beskikbaar wees van 07h00 tot 08h45. "Briefing" is van 08h45 tot 09h00. Alle skuts moet dit bywoon!  Alle skuts se telkaartjies moet by die inskrywingspunt ingehandig word sodra jy klaar geskiet het, anders word jou telling nie in ag geneem nie! Prysuitdeling: vanaf +/- 15h00

Inskrywings: 
Inskrywings sluit Woensdag 1 Februarie 2012.   Die aantal deelnemers wat hanteer kan word is beperk, so skryf vroegtydig in.  Laat inskrywings sal tydens registrasie aanvaar word indien getalle dit toelaat, maar dit sal R50 ekstra kos.  Doen vroegtydig navraag.  `n Inskrywingsvorm is aangeheg, en is ook beskikbaar op die Kaapjag webwerf, http://www.kaapjag.co.za/

Koste:
R180-00 per persoon vir Kaapjag en SAJSV lede.  R200,00 per persoon vir nie-lede.   R100-00  vir juniors. Middagete is ingesluit. R30.00 vir addisionele ete.

Aantal skote:
30 vir die kompetisie, plus inskiet.

Geweer: 
Enige senterslag jaggeweer, enige teleskoop, geen range finders.  

Teikens: 
Lewensgrootte  Springbok-,  Vlakvark- en Impala en Blesbok papierteikens en twee 200 mm deursnit  "gong"  bane.  Dus, ses bane waarop vyf skote elk geskiet word.

Afstande:
Ongemerkte afstande,  50m  tot 350m.

Posisies:
Sit, staan of lê met rus wat voorsien word, soos voorgeskryf op elke baan.

Reëls:
Standaard reëls soos bepaal deur die SA Jaggeweerskietvereniging (SAJSV).  Die reëls sal by die  skietbaan beskikbaar wees, en is ook op die SAJSV se webwerf  http://www.sahuntingrifle.co.za/. Geen rangefinders, verkykers of windmeters word op die baan toegelaat nie.

Pryse:
Lucky draw tydens afsluiting en medaljes vir kategorie wenners.

Bring saam:
Lidmaatskapkaarte, geweer, geweersak, oormowwe, skietbril, patrone (genoeg vir kompetisie en inskiet), gazebo, stoel, hoed, sonbrandolie, bosluisweerder).

Algemeen:
Hierdie kompetisie is oop vir alle skuts, maar slegs Kaapjag lede se punte tel tot die Kaapjag  Veldskiet ranglys en Veldskiet Skietspan keuses en vir die SAJSV lede, tot die Nasionale SAJSV ranglys. Die skiet tel ook 1 punt tot u toegewyde sportman status of 2 punte vir die SAJSV lede.

Navrae:  
Jacques Visser, 082 6993489, jvisser@erfdeel.co.za
Peter de Vries, 082 376 6826, peter@hortec.co.za
DB Vermaak, 082 3494015, dbv@dutoit.com

WITZENBERG Inskrywingsvorm WITZENBERG Inskrywingsvorm (109 KB)



Comment

No Very




Captcha Image

Outdoor World
Bay Guns
Outdoor World