Margot Swiss Skiet: Baanuitleg en Reels
23-Jan-2012MARGOT SWISS-SKIET
- Enige kaliber jaggeweer en teleskoop word toegelaat
- Verskillende gewere mag op verskillende afstande gebruik word
- Omruil van gewere moet nie die oefening vertraag nie
- Laservisiere en selflaaigewere word nie toegelaat nie
- Waar daar op die verkeerde teiken geskiet word, mag net die onskuldige skut oorskiet, tensy die kalibers sodanig verskil dat hulle uitgeken kan word
- Die baanoffisier se beslissing is finaal, maar hy mag van twee assessore gebruikmaak wat hy self aangewys het
BAANUITLEG
| Afstand |
Aantal skote |
Oefening | Tyd | Telling |
| 300m | 5 | Lê, met rus aan voorkant van snellerbeuel, skiet na ‘n teiken | 120 sek. | 150 |
| 200m | 5 | Sit, met rus, skiet eers valplaat om, en dan die orige skote op teiken (Rus sal voorsien word) | 120 sek. |
150 |
| 100m |
5 | Lê, sonder rus en skiet na ‘n teiken | 120 sek. |
150 |
| 35m |
5 | Staan, sonder rus en skiet na teiken | 45 sek | 150 |
| 175,185, 200, 150 en 300m |
5 | Lê, met rus aan voorkant van snellerbeuel, en skiet na ghongs op verskillende afstande | 120 sek | 150 |
- Grootte van valplate is 200mm x 200mm
- Ghongs is 200mm in deursnee
- Skuts moet stelling agter die teiken inneem en onmiddellik nadat die fluitjie geblaas het, mag hulle die skietposisie inneem. Tyd begin sodra die fluitjie blaas.
- Tydens die 35m oefening moet die skut sy geweer op 45grade grondwaarts rig, en sodra fluitjie blaas kan hy aanlê op die teiken.



Comment