Prestige-Skiet Reels en Baanuitleg
23-Jan-2012PRESTIGE-SKIET REËLS EN BAANUITLEG
NET LEDE WAT REEDS DIE CHASA KURSUS SUKSESVOL VOLTOOI HET KOM IN AANMERKING VIR BALKIES GEDURENDE DIE PRESTIGESKIETALLE LEDE MAG DEELNEEM
- Enige kaliber jaggeweer en teleskoop word toegelaat
- Verskillende gewere mag op verskillende afstande gebruik word
- Omruil van gewere moet nie die oefening vertraag nie
- Laservisiere en selflaaigewere word nie toegelaat nie
- Waar daar op die verkeerde teiken geskiet word mag net die onskuldige skut oorskiet, tensy die kalibers sodanig verskil dat hulle uitgeken kan word
- Die baanoffisier se beslissing is finaal, maar hy mag van twee assessore gebruik maak wat hy self aanwys
BAANUITLEG
| Afstand |
Aantal skote |
Oefening | Tyd | Telling |
| 300m | 3 | Lê met rus aan voorkant van snellerbeuel, skiet eers valplaat om, en dan die orige skote op springbokteiken |
120 sek. | 90 |
| 200m | 5 | Sit met skietstokke, skiet na rooibokteiken (skietstokke sal voorsien word) | 120 sek. |
150 |
| 100m |
5 | Sit sonder enige rus, skiet na vlakvarkteiken | 90 sek. |
150 |
| 50m |
5 | Staan sonder enige rus, skiet na vlakvarkteiken |
45 sek | 150 |
| 180, 200, 175,200 en 300m |
5 | Lê met rus aan voorkant van snellerbeuel, skiet na ghongs op verskillende afstande | 120 sek | 150 |
- Grootte van valplate is 200mm x 200mm
- Ghongs is 200mm in deursnee
Tydens die 50m oefening moet die skut sy geweer op 45grade grondwaarts rig, en sodra fluitjie blaas kan hy aanlê op die teiken.
Toekennings:
- 481 – 550 = 70% Brons
- 551 – 600 = 80% Silwer
- 601 – 655 = 90% Goud
- 656 - 690 = 95% Platinum



Comment