Print

Probleemdier-Roepkursus

13-Mar-2013

As gevolg van toenemende jakkals- en rooikatgetalle met gepaardgaande skades aan veegetalle, bied Suid-Kaap jagters- en Bewaringsvereniging ‘n dagkursus in probleemdierbeheer aan op Saterdag 4 Mei by die Wouter de Vos Skietbaan naby Klein Brakrivier.

Die bekende Heinrich Funck gaan die kursus aanbied en hoofsaaklik konsentreer op die roepmetode. Heinrich is vir die afgelope agtien jaar intensief besig met hierdie metode van probleemdierbeheer en word beskou as wêreldleier op dié gebied.

Vee- en wildboere, asook jagters wat belangstel in etiese probleemdierbeheer word aangemoedig om in te skryf vir die kursus. Slegs 20 kursusgangers word aanvaar.

Vir inligting en besprekings kan die SJB kantoor in Voorbaai geskakel word:

Melinda Bosch - 044 695 2319

Kantoorure: Weeksdae 09:00 – 13:00



Comment

No Very




Captcha Image

Outdoor World
Margot Swiss
Outdoor World