Print

PROBLEEMDIERBEHEER KURSUS 2015

27-May-2015

Die Suid-Kaap Jagters- en Bewarings vereniging heg groot waarde aan etiese probleemdierbeheer in ons bedieningsgebied. Probleemdiergetalle, veral rooijakkalse en rooikatte het die afgelope paar jaar drasties toegeneem met gevolglike astronomiese skade aan kleinvee en kleinwild. Gevalle is aangemeld van selfs koedoe- en beeskalwers wat deur rooijakkalse gevang word. Die probleem word aangespreek met ‘n kursus wat aangebied word op die Wouter de Vos Skietbaan en nabygeleë veld.  Dit word aangebied deur Taffie Muller, kenner op hierdie gebied met praktiese nag-demonstrasies van die roepmetode. Vee- en wildboere word aangemoedig om in te skryf vir die kursus. Beperkte aantal kursusgangers word toegelaat.


PROBLEEMDIERBEHEER KURSUS

 

DATUM:  14-15 AUGUSTUS 2015

PLEK:  WOUTER DE VOS SKIETBAAN, KLEIN BRAKRIVIER

TYD: 14:00

AANGEBIED DEUR:  TAFFIE MULLER

PRYS:  R1500-00 PER PERSOON Saterdag aandete ingesluit

BESPREKINGS:  MELINDA BOSCH

KONTAKBESONDERHEDE:  044 6952319 GEDURENDE WEEKSDAE: 09:00-13:00

info@suidkaapjagters.co.za

SLUITINGSDATUM VIR BESPREKINGS: 15 JULIE 2015

 

 

ONDERWERPE

Gewoontes van jakkalse en rooikatte

Beheermetodes beskikbaar

Nagjag toerusting

Klassifisering van roepklanke

Roepvolgordes

Staanplekke

Teelgathantering

Praktiese GPS – werk

Praktiese nagdemonstrasies

KOM LEER BY ‘N MEESTER




Comment

No Very




Captcha Image

Outdoor World
Bay Guns
Outdoor World