Print

Prof Koos Bothma nuwe beskermheer van SJB

21-Nov-2012

Ons kan met trots aankondig dat Prof. Koos Bothma, wêreldbekende wildbestuur-akademikus van Pretoria en tans afgetree op George, die benoeming as nuwebeskermheer van die Suid-Kaap Jagters- en Bewaringsvereniging aanvaar het. 

Prof Koos het aan die Universiteit van Pretoria dierkunde studeer en daarna vir vyf jaar as probleemdier-beampte vir Natuurbewaring gewerk. Nadat hy ‘n doktersgraad aan A&M Universiteit in Texas ontvang het, spandeer hy o.a. die res van sy loopbaan as lektor aan die Universiteit van Pretoria. Benewens die rol van voorsitter van die Tukkies rugbyklub, dien hy ook op die bestuur van die Noord Transvaalse Rugby-unie.  Hy dien in verskeie akademiese kommissies en in 2005 ook op die Minister van Omgewingsake se Paneel van Deskundiges wat oor jagsake moet adviseer. Hy is tans ‘n buitengewone Professor aan die Universiteit van Pretoria en ‘n direkteur van CERE.(The Concervation, Education, Research and Empowerment  Foundation Pty Ltd) Hy is verder die outeur van die monumentale en gesaghebbende Wildplaasbestuur / Game Ranch Management boek wat tans in sy vyfde druk is, en skryf gereeld artikels vir Wild en Jag-  en die SA Jagter tydskrifte 

Ons verwelkom hom in ons midde en vertrou dat sy verbintenis met SJB vir hom verreikend sal wees.



Comment

No Very




Captcha Image

Outdoor World
Bay Guns
Outdoor World