Print

Safari Outdoor - Kennisgewing

25-Jan-2013

SJB / SAFARI & OUTDOOR / SSK GHIB – BORE UITDAGING 
          BUFFELJAGSRIVIER, SATERDAG 23 FEBRUARIE 2013                           

SUID-KAAP JAGTERS- EN BEWARINGSVERENIGING bied weer die jaarlikse Buffeljags veldskiet aan in samewerking met Safari & Outdoor en SSK.

Padaanwysing:

Buffeljagsrivier: (Mosselbaai-kant van Swellendam op N2) Vanaf N2 – draai in by BP vulstasie. Volg pad tussen garage en kwekery oor treinspoor vir 3 km. Draai LINKS op MALGAS – pad. Ry voor skool verby vir 11 km tot by twee damme en drie bome. Draai REGS by CHRIS COETZER se plaasingang. GPS ko-oördinate: S34° 09.822   E020°   34.058

Program:

07h00 – 08h45  
Inskiet van gewere.  ‘n 100m-inskietbaan sal beskikbaar wees.
08h00 – 10h00                
Registrasie.
09h00
Kompetisie begin met formele opening wat deur almal bygewoon moet word.
15h00  
Stiptelike sluiting van baan.
Prysuitdeling en gelukkige trekking vind plaas sodra tellings verwerk is.

   



Kompetisie:

5 bane met 6 skote elk op SAJSV teikens.
  • Blesbokteiken: 6 skote lê-houding op 300m  120sek.  Enige rus
  • Vlakvarkteiken: 6 skote staanhouding op 50m 60sek stok word voorsien (ops.)
  • Ghongbaan: 6 skote op 200mm ronde staalplate. 300m,200m,250m, 200m, 350m, 150m oor klip of bousteen in spesifieke volgorde soos bo.  180sek.
  • Springbokteiken: 6 skote sithouding op 160m. 120sek  oor ``wigwam ``
  • Rooibokteiken: 6 skote op 220m. 120sek. ``bi-pod, tri-pod`` of skietstoel.

Inskrywings:

Inskrywings sluit op Vrydag, 15 Februarie om 13h00.
Die aantal deelnemers wat hanteer kan word is beperk. Om teleurstelling te voorkom, skryf vroegtydig in op voorgeskrewe wyse. Laat inskrywings sal aanvaar word teen ‘n addissionele koste van R50.00 per inskrywing. Doen vroegtydig navraag.  Inskrywingsvorms is beskikbaar op die SJB webwerf: www.suidkaapjagters.co.za asook by die SJB kantoor in Lofty Nelstraat 5, Voorbaai, Mosselbaai.

Algemeen:

  • Reëls sal by elke baan deur die betrokke baanoffisier verduidelik word.
  • Deelnemers sorg self vir ``bi- en tri- pods``
  • Stokke en wigwams word voorsien.
  • Verkykers, afstand- en windmeters word toegelaat.
  • Voorbeelde van teikens sal op elke baan beskikbaar wees.
  • Alle skiete begin vanuit die staanhouding.
  • Geen alkohol toegelaat op terrein.
  • Streng veiligheidsreëls soos deur organiseerders bepaal en afgekondig is, sal geld.
  • Juniors moet vergesel word deur die lisensiehouer van die vuurwapen wat hy/sy gebruik
  • Slegs slenterslag jaggewere word toegelaat.
  • Die kompetisie is oop vir alle skuts.

Bring saam:

  • Aktiwiteits-en lidmaatskapkaarte, vuurwapenlisensies, 30 patrone + genoeg patrone vir inskiet, geweer, geweersak, oormowwe, skietbril, stoel, drinkwater,bosluisweerder,lip-ice, 

Pryse:

Groot pryse te wen.


Comment

No Very




Captcha Image

Outdoor World
Bay Guns
Outdoor World