Print

SJB JUNIOR SKIETSPAN PRESTEER

14-Apr-2015

Die afgelope naweek het die jaarlikse jaggeweer veldskietkampioenskappe van die Jagterskonfederasie van SA (CHASA) plaasgevind naby Bloemfontein.

56 spanne van oor die hele land het deelgeneem. Die junior skietspan van die Suid-Kaap Jagters- en Bewaringsvereniging (SJB) het vir die agtste agtereenvolgende keer as wenspan uit die stryd getree. Uit ‘n totaal van 3600 punte het die span 2710 punte behaal. Die juniors het ook algeheel in die sewende plek ge-eindig wat werklik ‘n uitsonderlike prestasie en nuwe rekord is.  Die A-span (seniors) het in die 5de plek ge-eindig.

Ons bedank graag ons borge: Arms Tackle & Outdoorworld, LNJ Konstruksie en WILDMAN HUNTING & OUTDOOR wat gehelp het om dit vir ons spanne moontlik te maak om aan die byeenkoms te kon deelneem.

vlnr Manus Moolman, De Waal Nigrini, Sieg Minnie (kaptein), Hans-Willem Moolman


Juniors met hulle geborgde sakke en pette van Wildman Hunting & Outdoor









Comment

No Very




Captcha Image

Outdoor World
Margot Swiss
Outdoor World