Print

SJB kry akkreditasie

18-Mar-2011

Twee jaar het verloop sedert SJB se aansoek om akkreditasie by die sentrale vuurwapen register ingedien is om SJB in staat te stel om vuurwapens wettig te besit, vir die aanwending van sodanige vuurwapens in die opleidingproses van junior jagters. Die aansoek het gesloer, omdat daar telkens misverstande was oor die eintlike doel van die SJB aansoek. Mike Huber het ñ reuse rol gespeel deur telkens met Pretoria te skakel en aan die persone aldaar te verduidelik dat die inligting waarna hulle soek, reeds in die aansoek vermeld word. Daar was die afgelope tyd ñ stilte wat die bestuur tot kommer gestem het. Sal SJB ooit akkreditasie kry?

Maandag 14 Maart 2011 kry SJB ñ faks vanaf Pretoria. Die aansoek om akkreditasie vir die besit en gebruik van vuurwapens is goedgekeur. Telefone word warm gebel soos die nuus versprei word. Pessimisme oor SJB se aansoek word vervang met blydskap en opgewondenheid. SJB word die eerste Jagtersvereniging wat die prestasie op eie stoom behaal. ñ Prestasie om op trots te wees .

Tydens die herregistrasie proses het SJB verskeie .22 gewere as geskenke ontvang. Die akkreditasie het egter ñ behoefte in SJB bloot gelê. Ons kort gewere vir opleiding. Daar is ñ behoefte vir 5, 223 kaliber slotgewere. Ammunisie vir hierdie kalibers is bekostigbaar en indien SJB die kalibers in die hande kan kry, kan ons voorgaan om die Nasionale skiet kompetisie te Bloemfontein te oorheers met ons goed opgeleide junior span.

Indien u as gewaardeerde lid, van ñ 223 wil ontslae raak sal SJB dit graag wil bekom en u kan seker weet dat die vuurwapen met aandag opgepas sal word. Omgeboude wapens en 303 gewere kan ongelukkig nie die leemte vul nie. Ondervinding het geleer dat sodanige gewere nie gebruikers vriendelik met ons juniors is nie.

Bay Guns hanteer die berging en administrasie van SJB se wapens . Sonder hul bydrae sou akkreditasie nie moontlik wees nie.


Comment

No Very




Captcha Image

Outdoor World
Margot Swiss
Outdoor World